Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Nuwe groepering vir swaargewigte?

Die Wêreldboksraad (WBR) kan dalk volgende jaar ’n swaargewig- én ’n superswaargewigkampioen hê.

Mauricio Suleiman, president van die Wêreldboksraad (WBR), sê die WBR se mediese span ondersoek tans die moontlikheid van ’n superswaargewig-afdeling. Foto: Getty Images

Mauricio Sulaiman, dié beheerliggaam se president, het aan ESPN gesê die WBR se mediese span ondersoek tans dié moontlikheid.

“Daar is sommige (swaargewigboksers) wat 210 pond (95 kg) weeg en daar is ander wat meer as 250 pond (113 kg) weeg en dit is die wêreld se verskil,” sê Suleiman.

Suleiman het ook aan Boxing Scene gesê hy verwag teenkanting vir so ’n besluit.

“Dit is ’n verandering en as dit gebeur kan daar teenkanting wees, want dit druis in teen die geskiedenis, al die rekords, statistieke en hoe dinge gesien word. Maar al daardie goed is sekondêr, want wat saak maak is die veiligheid en gesondheid van die boksers,” sê hy.

“Die werklikheid is dat daar gevegte is waar die fisieke verskil (in gewig) gevaarlik raak. In die juniorswaargewigafdeling is die afsnypunt 200 pond (90 kg) en daarna is daar geen beperking nie.”

Suleiman sê hy sal sy mediese span ses maande gee om te kyk of dit werklik nodig is om ’n afdeling vir superswaargewigte te skep.

Dawid teen Goliat . . . David Haye (regs) in aksie in 2009 teen Nikolai Valuev. Foto: Getty Images
En die Dawid het toe vir Goliat verslaan. David Haye het Nikolai Valuev (regs) met enkele punte geklop. Foto: Getty Images
Mike Tyson het ongeveer 109 kg geweeg toe hy op sy beste in die bokskryt was. Foto: Getty Images

Boksliefhebbers sal dalk voorbeelde uit die verlede gebruik om te wys dat dit nie noodwendig altyd die groter bokser is wat ’n geveg teen ’n kleiner een wen nie. Dink maar aan Jack Dempsey teen Jess Willard en meer onlangs David Haye teen Nikolai Valuev. Valuev het meer as 300 pond (136 kg) geweeg toe hy in 2009 teen Haye, wat op 217 pond (98 kg) ingeweeg het, verloor het.

Mike Tyson was ook nie juis ’n groot swaargewig nie.

Meer oor:  Boks  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.