Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Nuwe Manny’, Nigeriër albei in kryt
Die opwindende Mongoolse vegter Tugstsogt (King Tug) Nyambayar is hierdie naweek weer in aksie. Regs is Gary Russell, die enigste man wat hom sover in die geldkryt kon klop. Foto: Getty Images

Twee boksers wat die tonge al kwaai laat klap het, sal dié naweek weer in aksie wees.

Tugstsogt (King Tug) Nyambayar van Mongolië boks Saterdag in Uncasville in die Amerikaanse staat Connecticut, met Efe Ajagba van Nigerië wat dan ook in Las Vegas sal bolle rol.

Nyambayar word in sommige kringe as ’n nuwe weergawe van Manny Pacquiao beskou.

Hy is ook ’n vriendelike en beleefde man, wat in die kryt met geweldige energie lostrek en sy teenstanders erg verniel.

Die 28-jarige Nyambayar se reputasie het in Februarie wel ’n knou gekry toe hy in Los Angeles met punte teen die Wêreldboksraad (WBR) se veergewigkampioen, Gary Russell, verloor het.

Dit was nie my aand nie. Ek het die fout gemaak om vir hom te wag om die pas aan te gee.
Tugstsogt (King Tug) Nyambayar

“Dit was nie my aand nie. Ek het die fout gemaak om vir hom te wag om die pas aan te gee,” het Nyambayar agterná aan Premier Boxing Champions gesê.

Nyambayar het ook gesê dat hy Lakva Sim, eerder as Pacquiao, as ’n rolmodel beskou.

Sim het in 1995 Mongolië se eerste wêreldkampioen geword toe hy die Wêreldboksvereniging (WBV) se super-veergewigtitel gewen het.

“Ek het al baie na Sim se gevegte gekyk. Hy is my held,” het Nyambayar, wat Saterdag teen Cobia Breedy van Barbados boks, gesê.

Efe Ajagba (regs) het Razvan Cojanu (links) in Maart vanjaar in Brooklyn met ’n tegniese uitklophou in die negende ronde verslaan. Foto: Getty Images

Ajagba het op sy beurt in ’n kort tyd die reputasie as een van die mees gevreesde swaargewigte in die wêreld opgebou.

Sy reputasie het twee jaar gelede ’n hupstoot gekry toe een van sy teenstanders, Curtis Harper, uit die kryt gevlug het toe die klok vir die eerste ronde gelui het.

Harper het later vertel dat hy nie wou baklei nie omdat hy deur die promotors soos skuim behandel is en omdat hy nie met die kontrak tevrede was nie.

Vir die res van die wêreld het dit egter gelyk asof sy moed hom begewe het.

Ajagba is nog onoorwonne ná 13 gevegte in die geldkryt en hy het 11 van sy teenstanders droomland toe gestuur.

Die dapper man wat hom Saterdag in die MGM Grand-casino aandurf, is die veteraan Jonnie Rice.

Rice het al 13 gevegte gewen, vyf verloor en een keer gelykop geboks.

Hier verniel King Tug vir Oscar Escandon in die kryt:


Curtus Harper vlug voor sy geveg teen Efe Ajagba:


Meer oor:  Las Vegas  |  Nigerie  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.