Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Bokser vermoor glo vrou wat sy kind verwag

Die bokser Félix Verdejo, wat Puerto Rico op die Olimpiese Spele in 2012 verteenwoordig het, is in die hof in Amerika aangekla van die ontvoering van en die moord op die vrou wat swanger was met sy kind.

Die bokser Félix Verdejo word van ontvoering en moord aangekla. Foto: Getty Images

Verdejo is Sondag in Puerto Rico in hegtenis geneem vir die moord op Keishla Rodríguez Ortiz (27). Hy is aangekla van ontvoering en die kaping van ’n motor wat tot ’n sterfte gelei het, asook die opsetlike dood van ’n ongebore baba veroorsaak het.

Die 27-jarige Verdejo kan die doodsvonnis kry as hy skuldig bevind word.

’n FBI-agent sê in ’n beëdigde verklaring Rodríguez is Donderdag dood nadat sy Verdejo ontmoet het om te vra vir hulp om haar swangerskap te beëindig.

Volgens die agent het Verdejo vir Rodríguez met ’n vuis in die gesig geslaan en haar met ’n middel ingespuit voordat hy haar liggaam oor San Juan se Teodoro Moscoso-brug in die San Jose-strandmeer gegooi het.

Owerhede het ’n lasbrief vir Verdejo se inhegtenisneming uitgereik nadat Rodríguez as vermis aangemeld is. Ondersoekbeamptes het ’n ooggetuie ondervra, beeldmateriaal van kringtelevisie bekyk en selfoonrekords nagegaan.

Honderde mense het Sondag op die Teodoro Moscoso-brug vergader om ’n beroep te doen vir geregtigheid vir Rodríguez en dat meer gedoen word om geslagsgeweld te bekamp.

“Die pyn, woede en verontwaardiging wat ons voel elke keer wat ons ’n misdaad van geslagsgeweld aanskou, moet in ons lewend gehou word sodat ons nie wankel in ons verantwoordelikheid om te beskerm, te verhoed en hierdie boosheid uit te roei nie,” sê Pedro Pierluisi, goewerneur van Puerto Rico, in ’n verklaring.

Pierluisi het drie maande gelede ’n noodtoestand aangekondig om die kwessie aan te pak.

Verdejo het in die liggewigafdeling op die Spele in Londen meegeding. Hy het ’n wenrekord van 27 oorwinnings en twee nederlae in die bokskryt. – Reuters

Meer oor:  Moord  |  Boks  |  Félix Verdejo  |  Ontvoering  |  Keishla Rodríguez Ortiz  |  Puerto Rico
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.