Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Olimpiese hoop vir SA hokkievroue
Rob van GinkelFoto: Getty Images

Dit wil voorkom of die deur – ondanks die glyslag in Spanje – tog steeds oop is vir die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan om vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Hy moet nou net sy titel behou in die Afrikabeker-toernooi, wat van Maandag af in Stellenbosch beslis word.

Die Proteas kon in Junie nie daarin slaag om aan die eerste vereiste – om die eindstryd in die FIH-eindtoernooi in Valencia, Spanje, te haal – te voldoen nie.

Maar dit wil voorkom of hulle steeds kan kwalifiseer.

Die span se afrigter, Rob van Winkel, het die moontlikheid bevestig.

“Ja daar is ’n goeie kans dat ons vir Tokio kan kwaliseer

“Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) moet egter daartoe instem. Ons is reeds besig met gesprekke, sê Van Ginkel.

Deon Morgan, president van die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging, het laat weet hulle wag op Saskok.

Die beheerliggaam het met die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro besluit om nie die nasionale hokkiespanne soontoe te stuur nie. Die SA vroue, wat nog altyd gemik het om ’n top10-land te word, het sedertdien tot 16de op die wêrelranglys teruggesak.

* Die bepalings vir die Afrikabeker-toernooi moes intussen gewysig word.

Daar is nou slegs ses manspanne in plaas van agt betrokke en daar sal net vyf vrouespanne in aksie wees.

Egipte, Ghana, Kenia, Namibië en Zimbabwe is die ander manspanne.

Die ander vrouespanne is Ghana, Kenia, Namibië en Zimbabwe.

Die SA mans speel Maandag in die hoofwedstryd om 17:00 teen Namibië.

Hulle het vroeër, soos verlang deur Saskok, die eindstryd van húl FIH-eindtoernooi in Indië gehaal.

Die SA vroue begin hulle aanslag Dinsdag om 17:00 teen Zimbabwe. Hulle was hul groepwenner in Valencia, waar hulle toe uiteindelik met ’n vierde plek tevrede moes wees.

Meer oor:  Hokkie  |  Proteas  |  Stellenbosch  |  Afrikabeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.