Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Olimpiese hoopvolle (11) byna dood
Die Springbok-kaptein Siya Kolisi en die jong Sky Brown op die Laureus-sporttoekenningsgeleentheid vroeër vanjaar. Foto: Getty Images

Die 11-jarige skaatsplankryer Sky Brown, wat hoop om volgende jaar Brittanje se jongste Olimpiër tot nog toe te word, het ’n skedelbreuk opgedoen toe sy geval het gedurende ’n oefening in Kalifornië.

Sky, wat ook bene in haar linkerhand gebreek het, het ’n video van die ongeluk op Instagram geplaas en haar ondersteuners verseker dat sy goed herstel en nóg harder sal werk wanneer sy haar terugkeer maak.

“Ek plaas nie gewoonlik (video’s van) my valslae of praat daaroor nie . . . maar hierdie was my ergste valslag. Ek wil net almal laat weet dat ek oukei is, moenie bekommerd wees nie,” het sy gesê.

“Ek gaan grense vir meisies verskuif met my skaatsplank- en branderplankry. Ek mik vir goud in 2021 en niks sal my keer nie.”

Die BBC berig dat Sky via helikopter na die hospitaal vervoer is nadat sy nie reaksie getoon het toe medici opgedaag het nie, maar sy sal na verwagting ten volle herstel.

“Sky het kop eerste van ’n helling afgeval op haar hand,” het haar pa, Stewart, volgens die BBC gesê.

“Toe sy by die hospitaal aangekom het, het almal vir haar lewe gevrees . . . Sky het die slegste nóg in haar lewe geval en is gelukkig om te lewe. Sy bly positief en sterk met die hele mediese span wat verbaas was om haar positiwiteit te sien.”

Sky beoog om volgende jaar op die Tokio-Spele die rekord van Margery Hinton te breek as die jongste Brit om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

Margery was net 13 jaar en 43 dae oud toe sy in 1928 aan die Spele in Amsterdam deelgeneem het.

Sky is een van net vyf Britte wat vir skaatsplankry vir die 2021-Spele probeer kwalifiseer.

Sy sou aanvanklik in Mei aan ’n kwalifiseringsbyeenkoms deelgeneem het, voordat die Spele uitgestel is.

Gegrond op haar huidige plek op die wêreldranglys is haar kans goed om wel ’n plek in die span te kry vir die skouspel in Japan.

Vyf sportsoorte, waaronder bofbal, skaatsplankry en branderplankry, sal volgende jaar op die Olimpiese Spele aangebied word as deel van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se nuwe benadering om ’n jonger gehoor te lok. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.