Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Omstrede Fury betrek by bekgeveg
Die omstrede Tyson Fury soek al weer Deontay Wilder se bloed. Foto: Getty Images

Die voortslepende bekgeveg tussen die swaargewig-bokskampioene Anthony Joshua van Brittanje en Deontay Wilder van Amerika het ’n nuwe wending geneem.

Joshua se landgenoot, Tyson Fury, het Wilder via Instagram om verskoning gevra vir Joshua en sy promotor, Eddie Hearn, se gedrag.

“Hulle wil nie teen jou baklei nie, hulle draai nou al drie maande. Ek sal binne drie sekondes teen jou boks,” het Fury gesê.

Fury het ook gesê hy is die “oorspronklike, ware swaargewigkampioen” van Brittanje.

Hulle wil nie teen jou baklei nie, hulle draai nou al drie maande. Ek sal binne drie sekondes teen jou boks.
Tyson Fury

Dis nie die eerste keer dat Fury probeer om teen Wilder te boks nie.

Hy het al in Januarie 2016 in New York in die kryt gespring nadat Wilder vir Artur Szpilka uitgeslaan het.

Toe het hy Wilder ’n “bum” genoem, sy onderbaadjie uitgetrek en wou hy sommer daar en dan bolle rol.

In daardie stadium was Fury nog ’n grootmeneer, want hy het kort tevore Wladimir Klitschko as wêreldkampioen onttroon.

Fury het egter toe die pad byster geraak, is vir ’n dwelm-oortreding geskors en het eers onlangs weer begin boks.

Wilder het nog nie op Fury se aanbod reageer nie. Hy het wel in onderhoude ’n stortvloed vloekwoorde oor sy lippe laat rol om uiting aan sy frustrasie met Joshua en Hearn te gee.

Hearn het intussen aan ESPN onthul dat hy ’n tweeledige kontrak aan Wilder gestuur het, wat steeds op die tafel is.

Deontay Wilder het Anthony Joshua intussen ’n “lafaard” genoem. Foto: Getty Images

Wilder word $15 miljoen aangebied om in April volgende jaar teen Joshua in Engeland te boks.

Hearn is ook bereid om Wilder $5 miljoen te betaal om in September of Oktober teen ’n teenstander van sy keuse in Amerika te boks.

Wilder moet egter net eers terug staan sodat Joshua teen Alexander Povetkin van Rusland kan boks.

Die Wêreldboksvereniging het Joshua onlangs beveel om sy titel volgende teen Povetkin te verdedig aangesien hy die eerste aanspraakmaker is en nou al lank vir ’n kans wag.

Joshua is ook die Wêreldboksorganisasie en Internasionale Boksfederasie se kampioen. Wilder is die Wêreldboksraad se kampioen.

Fury boks weer op 18 Augustus in Belfast teen ’n teenstander wie se naam nog bekend gemaak moet word.

Dis nou as hy nie “binne drie sekondes” besluit om volgende teen Wilder te baklei nie.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Tyson Fury  |  Anthony Joshua  |  Amerika  |  Brittanje  |  Boks  |  Bekgeveg  |  Swaargewig  |  Titelgeveg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.