
Jami Webb is nog onoorwonne ná ses gevegte in die beroepskryt. Foto: Facebook
Die onoorwonne Jami Webb kry in Maart die kans om vir die eerste keer in die hoofgeveg van ’n bokstoernooi te baklei.
Webb sal op 12 Maart in die Pollsmoor-gevangenis se saal in Kaapstad teen Cristiano Ndombassy van Angola vir die vakante superweltergewigtitel van die Wêreldboksfederasie te staan kom.
Dié toernooi, waar 12 gevegte beslis sal word, is die eerste een wat in samewerking met Sam Kynoch Promotions van Skotland, Fight Africa Promotions en Jack Brice Promotions aangebied sal word.

Hannah Rankin gaan in Kaapstad teen Kholosa Ndobayini boks. Foto: Getty Images
Die Skotse weltergewig Hannah Rankin sal in die hoofvoorgeveg teen Kholosa Ndobayini te staan kom.
’n Ander lekker kragmeting kan die een tussen die junior swaargewigte Mohammad Ali Bayat Farid van Iran en Mussa Ajiba van Malawi wees.