Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
President glo oneerlik oor wangedrag-klagte teen haar
ONTHUL: ‘Dossier’ teen netbalbaas
‘Cecilia se beledigings het spelers erg ontstel’

Suid-Afrika se netbalbaas het glo gesê die “boere” (wit spelers) se insluiting in verteenwoordigende spanne is bloot omdat die kwotastelsel dit vereis.

Dit is een van die opsienbarende aantygings van rassisme wat teen Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika (NSA), gemaak word.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, toe sy verlede maand in Durban as SA Sportadministrateur van die Jaar aangewys is.Foto: gallo

Drie afsonderlike getuies wys die vinger na Molokwane en beweer dat sy haar aan beledigende en afbrekende gedrag skuldig gemaak het tydens die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskap.

Een van die klaers sê Molokwane het rassistiese aanmerkings gemaak en neerhalend na die hare van spelers van ’n Noord-Kaapse span verwys. Die spelers was glo erg ontstig toe hulle dit tydens ’n wedstryd moes aanhoor.

Die breë trekke van die klagte is al bekend, maar Rapport kan vandag vir die eerste keer oor die besonderhede daarvan berig.

Twee van die getuies sê dit maak hulle “skaam” en “hartseer” dat dit nodig was om sulke klagte in te dien.

Die klagte spruit uit ’n wedstryd tussen ZF Mgcawu (van die Noord-Kaap) en Waterberg (van Limpopo) wat in Augustus tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap by die Universiteit van Johannesburg gespeel is. Molokwane, wat van Limpopo kom, was glo deel van ’n groep luidrugtige toeskouers langs die baan.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het NSA kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gedwing om die klagte teen Molokwane bekend te maak.

Een van die klaers was Adri Vermeulen, afrigter van ZFM. Luidens haar griefskrif het Molokwane gesê die enigste rede hoekom wit spelers (“boere”) toegelaat word om te speel, is dat die kwotastelsel dit vereis.

Sy het glo ook Waterberg se spelers aangehits om een van ZFM se spelers “van die baan af te speel”.

Vermeulen versoek dat die saak “ondersoek word en dat die nodige remediërende stappe oorweeg word”.

Cecilia du Preez, ’n skeidsregter in die betrokke wedstryd, het ook ’n klag ingedien en beswaar gemaak oor wat sy noem “toeskouers wat baie luidrugtig en uitgesproke was en selfs ongeskik”. Die toeskouers het volgens Du Preez negatiewe opmerkings oor al haar beslissings gemaak. Dit het so erg geraak dat die ander skeidsregter die wedstryd by meer as een geleentheid moes stop om die toeskouers te vra om hulself te gedra.

Getuie 1: Die afrigter
Getuie 1: Die afrigter
Getuie 2: Die skeidsregter
Getuie 2: Die skeidsregter
Getuie 2: Die skeidsregter
Getuie 2: Die skeidsregter
Getuie 3: Die gradeerder
Getuie 3: Die gradeerder
Getuie 3: Die gradeerder
Getuie 3: Die gradeerder

“Ek is nog nooit so erg deur toeskouers mishandel nie. Dit was met groot hartseer dat ek eers ná die wedstryd besef het dat Cecilia Molokwane, president van NSA, deel was van die spesifieke groep toeskouers,” skryf Du Preez.

Ook Jo Dreyer, wat ’n gradeerder (wat skeidsregters beoordeel) in die betrokke wedstryd was, sê sy was teleurgesteld dat Molokwane deel van die groep toeskouers was wat hulle swak gedra het. “Dit was met skaamte dat ek aan die skeidsregter moes sê om ons eie president te berispe.”

By byeenkomste soos die Suid-Afrikaanse kampioenskap word skeidsregters onder meer beoordeel aan hul vermoë om toeskouers te hanteer indien dit vereis sou word weens byvoorbeeld swak gedrag. Volgens Dreyer se klag het die skeidsregter te “skaam” gevoel om die president oor die vingers te tik.

Uit Dreyer se klag blyk dit duidelik dat sy dink Molokwane het haar posisie misbruik. “ ’n Mens moet nooit jou outoriteit gebruik sodat ander jou moet vrees nie, of dit gebruik om jouself toe te laat om disrespekvol op te tree nie,” skryf sy.

Molokwane het in November aan Rapport ontken dat sy weet van enige klagte oor haar gedrag. Daar was ook bewerings dat sy op ’n heksejag gegaan het om diegene wat klagte ingedien het se monde te snoer.

Toe Vermeulen gister gekontak is, het sy gesê hulle mag nie die saak met die media bespreek nie. Dit is wat haar betref “afgehandel”. Sy sê hulle het AfriForum nie genader nie. Sy het navrae na ZFM se president, Chamelle Mc Anda, verwys. Mc Anda se man het haar foon geantwoord en gesê sy is nie tuis nie.

Molokwane het navrae na NSA se uitvoerende hoof, Blanche de la Guerre, verwys. De la Guerre het gesê NSA hoop om die saak so spoedig moontlik te besleg. Sy het in ’n skrywe gevra dat NSA en AfriForum vroeg in 2020 om ’n tafel sit om die saak op te los.

“Netbal Suid-Afrika het ’n vergadering met die president gehad. Ons sal altyd ons lede beskerm, maar ons sal graag saam met AfriForum om ’n tafel wil sit om sake uit te praat. Sy (Molokwane) doen soveel goeie werk. Daar is altyd meer as een kant aan elke storie,” sê De la Guerre.

AfriForum sê by monde van sy woordvoerder, Henk Maree, hoewel hy die uitnodiging sal aanvaar om die saak uit te praat, sal hy dissiplinêre optrede teen Molokwane eis.

AfriForum is ongelukkig oor Molokwane nie eerlik was oor die feit dat daar klagte teen haar ingedien is nie. “Dit is ’n bewys dat sy oneerlik is. NSA se grondwet maak voorsiening daarvoor dat teen die president opgetree kan word indien dit vereis word. Ons gaan hulle (NSA) vra om hul reëls toe te pas. As hulle dit nie doen nie, sal ons die regsroete volg om hulle te verplig. Ons wil hê hulle moet in belang van netbal optree.”

Meer oor:  Cecilia Molokwane  |  Suid-Afrika  |  Kwotastelsel  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.