Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Op baan, in kuipe is Lewis nou 'n teiken

Met nog agt renne oor voordat die seisoen se geruite vlag uitgehaal word, het die tyd vir die spanne aangebreek om alles in die stryd te werp om Lewis Hamilton in sy Mercedes-Benz in te haal.

Op die baan en in die kuipe.

’n Glimlaggende Lewis Hamilton met die wennerstrofee nadat hy Sondag in Le Castellet die Franse Formule Een-Grand Prix gewen het. Foto: Reuters

Ons kon dit al verlede naweek in België sien, met die eerste ren ná die somerreses. Daar was soveel chaos in daardie eerste twee draaie as by ’n Checkers-betaalpunt op Swart Vrydag.

Die uiteinde was dat Max Verstappen (Red Bull) in Kimi Räikkönen (Alfa Romeo) se pad beland en hom gestamp het. Dit het sy eie voorvering beskadig en die Nederlander se aanslag op die podium was enkele draaie later iets van die verlede toe hy teen die skermmuur vasjaag.

Hy is baie gelukkig om nie daarvoor gestraf te word nie, maar dit is eintlik van akademiese belang.

Hy is een van drie jaers wat gepenaliseer word omdat hulle ongeskeduleerde veranderinge aan hul enjins gemaak het. Dit is ’n bewys dat die spanne in die kuipe ook begin waag.

Gister was daar boonop ’n belaglike gewaag in die kwalifisering, wat almal behalwe Ferrari aan die alie gehap het.

Die 21-jarige Charles Leclerc, wat verlede week sy heel eerste Formule Een-oorwinning behaal het, sal sy Ferrari-span se tuisren in Italië vandag in die kroonposisie begin danksy ’n bisarre verloop van sake.

Leclerc het vroeg in die derde kwalifiseringsessie opgestel. Maar daarna het almal gedraal op die teer – soveel so dat net Carlos Sainz en Leclerc oor die lyn was om met hul tweede vinnige rondtes te begin voordat die horlosie gestop het.

Weens dié deurmekaarspul sal Hamilton tweede wegspring, met sy spanmaat Valtteri Bottas derde en Sebastian Vettel vierde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.