Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Skorsing raak nie Russiese Grand Prix

Die organiseerders van Rusland se Formule Een Grand Prix sê die wedren in Sotsji word nie beïnvloed deur die land se skorsing van vier jaar weens sy peutery met opkikkertoetse nie.

Die Russiese Grand Prix in Sotsji. Foto: Getty Images

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het Maandag die Russe swaar gestraf nadat hulle die omstrede laboratorium in Moskou daarvan beskuldig het dat hy vervalste data aan hom deurgegee het kort nadat Wada in 2018 die skorsing van sy Russiese eweknie, Rusada, opgehef het.

Rusland sal gevolglik nie in 2020 aan die Olimpiese Spele in Tokio en ook nie in 2022 aan die Winterspele in Beijing of Fifa se Sokkerwêreldbeker in Katar mag deelneem nie.

Die Russe word boonop verbied om vir vier jaar groot sportbyeenkomste aan te bied.

F1 se beheerliggaam, die Internasionale Motorsportvereniging (FIA), word deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken en deur Wada as ’n gemagtigde ondertekenaar geklassifiseer.

Rosgonki, die organiseerders van die Russiese Grand Prix, sê in ’n verklaring: “Die kontrak met Rusland is in 2010 onderteken, lank voor die gebeure wat deur Wada ondersoek is, en is geldig tot in 2025.”

Rosgonki wys daarop die wedren is reeds op volgende jaar se kalender ingevoeg en sê dit sou “wettiglik en tegnies onmoontlik wees” om dit elders te skuif.

“Ons is vol vertroue die Russiese Grand Prix sal in 2020 en die daaropvolgende jare voortgaan en nooi almal uit na Sotsji – die kaartjieverkope is in volle gang.”

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Wada  |  Rusada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.