Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Opkikkerbom bars los in bokswêreld
Dillian Whyte was hier in die negende ronde van sy geveg teen Oscar Rivas teen die planke. Hy het egter opgestaan om met punte te wen.Foto: Getty Images
Dillian Whyte is glo “verpletter” oor die nuus dat hy positief getoets het vir ’n verbode middel.Foto: Gettty Images

Die bokswêreld wag in spanning om te hoor waarom die Britse swaargewig Dillian Whyte toegelaat is om te veg al is hy voor sy geveg die afgelope naweek positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets.

Whyte het Oscar Rivas van Colombia Saterdag in die O2-arena in Londen verslaan.

“Dis belangrik dat mense nie moet dink dat die nuus net onder die mat gevee en weggesteek is nie,” het die promotor Eddie Hearn aan die BBC gesê.

Die Britse bokspromotor Eddie Hearn.Foto: Getty Images

“Dillian Whyte het voor die geveg voor ’n onafhanklike paneel deskundiges verskyn in verband met die toets. Daar is ’n proses gevolg en mense moet wag tot hy ’n verklaring uitreik, voor hulle hom kruisig.”

Yvon Michel, Rivas se promotor, sê hulle het nie vooraf van die positiewe toets geweet nie.

Whyte is al voorheen vir twee jaar uit boks geskors toe hy glo “onwetend” ’n verbode middel ingekry het.

As hy weer skuldig bevind word, kan dit die einde van sy boksloopbaan beteken.

Whyte is ’n verpligte aanspraakmaker op Deontay Wilder, die Wêreldboksraaad se kampioen, se titel.

Wilder het Whyte Donderdag in die sosiale media ’n “donkie” genoem.

Intusssen wil niemand sê watter verbode middel Whyte geneem, of “onwetend” ingekry, het nie.

Die bokser sal volgens Hearn nog ’n verklaring uitreik.

Meer oor:  Dillian Whyte  |  Brittanje  |  Colombia  |  Positief  |  Boks  |  Swaargewig  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.