Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Opkomendes steel kampioen se glorie
Joe Smith wys trots sy WBO-ligswaargewig-gordel ná sy oorwinning die naweek oor Maxim Vlasov. Foto: Getty Images

Joe Smith van Amerika het die naweek ’n nuwe wêreldkampioen geword, maar twee ander opkomende boksers het die kollig by hom gesteel.

Smith het Maxim Vlasov van Rusland Saterdag in Tulsa, Oklahoma, met punte oor 12 rondes geklop om die Wêreldboksorganisasie se nuwe ligswaargewigkampioen te word.

Dit was ’n taai, opwindende geveg waar Smith seker gemaak het van die titel deur in die twee laaste rondes verwoed in te klim.

In een van die voorgevegte het die Nigeriese swaargewig Efe Ajagba egter die monde laat oopval met ’n dramatiese uitklophou.

Die skeidsregter Tony Crebs draf bekommerd nader met Efe Ajagba wat tevrede wegstap net nadat hy Brian Howard uitgeslaan het. Foto: Getty Images

Ajagba het Brian Howard in die derde ronde planke toe gestuur met ’n regter wat die Amerikaner se bene jellie gemaak het.

Die Nigeriër is nou onoorwonne ná 15 gevegte en hy spog met 12 uitklophoue.

In nog ’n dramatiese geveg Saterdag het die Brit Conor Benn vir Samuel Vargas van Colombia in Londen met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde verslaan.

Conor Benn (regs) ransel vir Samuel Vargas af. Foto: Matchroom Boxing

Met dié vertoning het die seun van die voormalige wêreldkampioen Nigel Benn gewys hy is reg om die groot kanonne in die weltergewig-afdeling aan te durf.

“Ek sit die Benn-naam terug waar dit hoort, bo-aan die lys!” het Benn ná sy oorwinning gesê.

– BBC, ESPN, Boxing News

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.