Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Osaka, Nadal en Lewis Laureus-benoemdes
Lewis Hamilton op die podium ná afloop van die Grand Prix in Abu Dhabi in 2020. Foto: Getty Images

Die Britse Formule Een-renjaer Lewis Hamilton en die tennisspelers Rafael Nadal en Naomi Osaka is van die sportlui wat vir die glansryke Laureus-toekennings benoem is.

Dié jaarlikse toekenningsgeleentheid vereer sedert 2000 sportmanne, -vroue en -spanne wat uitsonderlike prestasies behaal het.

Dié jaarlikse toekenningsgeleentheid vereer sedert 2000 sportmanne, -vroue en -spanne wat uitsonderlike prestasies behaal het.

Hamilton is saam met Nadal, die twee atlete Joshua Cheptegei (Uganda) en Armand Duplantis (Swede), die sokkerspeler Robert Lewandowski (Pole, Bayern München) en die Amerikaanse basketbalspeler LeBron James vir die toekenning as Sportman van die Jaar benoem.

Die 36-jarige Hamilton het in 2020 sy sewende wêreldtitel verower, terwyl die Spanjaard Nadal sy 20ste Grand Slam gewen het toe hy op die Franse Ope koning gekraai het. Dit beteken dat Nadal en Roger Federer albei ná dese met 20 Grand Slam-seges spog.

Nadal en Hamilton is albei reeds voorheen met ’n Laureus-toekenning vereer.

Naomi Osaka met die trofee wat sy verower het deur die Amerikaanse Ope in 2020 te wen. Foto: Getty Images
Anna van der Breggen op die podium nadat sy die individuele tydtoets in die Wêreldkampioenskappe in 2020 in Imola, Italië, gewen het. Foto: Getty Images

Wat die toekenning as Sportvrou van die Jaar betref, staan die name van Osaka (Japan) en Anna van der Breggen, ’n fietsryer van Nederland, uit.

Osaka (23) het in 2020 die Amerikaanse Ope gewen. Sy is in 2019 met die toekenning as Nuweling van die Jaar vereer.

Die 30-jarige Van der Breggen was in 2020 die wenner in die padwedren én die individuele tydtoets in die Wêreldpadfiets-kampioenskappe. Sy het reeds vroeër aangedui dat die 2021-seisoen haar swanesang is.

Nog ’n fietsryer, die Sloween Tadej Pogacar, se sege omtrent uit die bloute in verlede jaar se Tour de France het gesorg dat hy in die kategorie as Deurbraak van die Jaar benoem is. Hy was net 21 jaar oud toe hy die Tour gewen het – die jongste ryer in ’n eeu wat dié prestasie behaal het.

Die tennisspelers Dominic Thiem (Oostenryk) en Iga Swiatek (19, Pole) tel ook onder die benoemdes vir die toekenning. Thiem (27) het die Amerikaanse Ope in 2020 gewen en die eindstryd in Melbourne van die Australiese Ope gehaal.

Die Poemas gee uiting aan hul vreugde ná hulle die All Blacks in Sydney geklop het. Foto: Getty Images

Wat rugby betref, is dit seker nie verbasend nie dat ’n span wat daarin geslaag het om die magtige All Blacks te klop, ook benoem is. Soveel te meer as dit Argentinië is, wat sy eerste sege tot nog toe oor die Nieu-Seelanders behaal het.

Die Poemas is saam met sokkerspanne soos Liverpool en Bayern München as Span van die Jaar benoem.

Liverpool, met Jürgen Klopp as afrigter, kon die eerste keer in 30 jaar daarin slaag om die Engelse Premierliga te klop.

Ook Bayern München het ’n uitsonderlike jaar gehad, met glorie in die Kampioeneliga, Bundesliga en die Duitse Beker-reeks, met Hansi Flick as breier.

• Die wenners sal in Mei op ’n virtuele geleentheid aangekondig word. – Sportredaksie

Meer oor:  Osaka  |  Nadal  |  Hamilton  |  Rugby  |  Laureus  |  Sport  |  Toekennings  |  Tennis  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.