Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Ou Pacman’ klits kroon van Keith se kop af
Vat so! Manny Pacquiao klits die Amerikaner Keith Thurman in Saterdagaand se titelgeveg in Las Vegas. Foto: Getty Images

Die Filippynse bokslegende Manny Pacquiao het Saterdagaand geskiedenis gemaak deur die oudste weltergewig-bokskampioen van die wêreld te word toe hy die Wêreldboksvereniging se kampioen, Keith Thurman, met punte geklop het.

Die geveg in Las Vegas se MGM Grand Garden Arena was so gelykop dat twee van die beoordelaars Pacquiao met 115-112 op hul telkaarte laat wen het, terwyl een Thurman met 114-113 die wenner gemaak het.

Die 40-jarige Filippyn het in die eerste ronde gewys daar is nog dinamiet in sy vuiste toe hy Thurman met ’n verstommende blitskombinasie planke toe gestuur het.

Die 40-jarige Filippyn het in die eerste ronde gewys daar is nog dinamiet in sy vuiste toe hy Thurman met ’n verstommende blitskombinasie planke toe gestuur het.

Die Amerikaner was hierna ietwat versigtig vir die “ou man” en het 12 rondes lank sy beste probeer om uit sy vuiste se pad te bly.

Later in die geveg het hy, toe al bebloed, self met ’n paar skoon houe getref en so die gaping op die telkaarte verklein.

’n Uitgelate Pacquiao het ’n laaste vuishou in die lug gepomp toe die aankondiger hom as die wenner aangewys het en die jubelende skare van nagenoeg 15 000 mense was dit eens dat daar net een kampioen in die kryt was.

Dit was nou vir jou pret. My teenstander is ’n goeie bokser. Hy was sterk, maar vanaand was ek sterker.
Manny Pacquiao

“Dit was nou vir jou pret,” het Pacquiao agterna gesê. “My teenstander is ’n goeie bokser, ’n waardige bokser. Hy was sterk, maar vanaand was ek sterker.”

Thurman was vooraf redelik grootpraterig oor hoe hy Pacquiao, ’n diep gelowige man, in die kryt gaan “kruisig”. Hy het ook belowe hy gaan die legendariese vuisswaaier tot by sy aftrede slaan.

Pacquiao is nie deur die verbale aanslag van stryk gebring nie en was agterna nederig oor sy sege.

“Ek is nie die tipe bokser wat baie praatjies maak nie. My vuiste praat in die kryt. Maar, hy is ’n goeie bokser en het my hard laat werk vir die sege. Ek voel so geseënd vanaand.”

Pacquiao, wat glo $20 miljoen met die sege verdien het, is nou ’n ernstige aanspraakmaker op ander weltergewigtitels nadat hy die WBV s’n by Thurman afgeneem het.

Maar eers gaan hy na sy geboorteland terugkeer om sy werk as senator voort te sit voordat hy weer deur die toue klim.

“Ek dink ek sal tot aanstaande jaar wag om weer te baklei. Ek het baie werk in die politiek wat nou eers my aandag verg,” het die kampioen bygevoeg. – Reuters

Meer oor:  Keith Thurman  |  Pacquiao  |  Las Vegas  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.