Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oud-kampioen Fury help lewens red

Die voormalige swaargewigbokskampioen Tyson Fury, wat op ’n tyd self byna selfmoord gepleeg het, het onlangs twee mans wat hul eie lewens wou neem, gered.

Die Britse bokser Tyson Fury is nie skaam om oor sy eie geestesprobleme te gesels nie. Foto: Getty Images

Die Brit het Maandag op Instagram onthul dat hy ’n vreemdeling, wat na sy huis toe gekom het en aan hom gesê het hy wil selfmoord pleeg, gehelp om van sy plan af te sien.

“So, vanaand het ek ’n aardige ervaring beleef. ’n Vreemdeling het na my huis gekom en my vertel hy gaan selfmoord pleeg, maar hy wil eers met my gesels,” het Fury vertel.

Fury, wat in Februarie weer teen die Wêreldboksraad-kampioen, Deontay Wilder, boks, het na die man geluister en hom toe omgepraat om eers “drie myl” saam met hom te gaan draf.

Ná die draffie het die vreemdeling skynbaar beter gevoel en was hy glo nie meer vol selfmoordgedagtes nie.

“So vir al die mense daar buite wat met geestelike probleme sukkel, moet asseblief nie jul eie lewens neem nie. Dinge sal verbeter, dit belowe ek julle,” het Fury gesê.

“Moet nooit opgee nie!” het Fury gebulder.

Fury het in November in ’n onderhoud met talkSPORT openhartig oor sy eie geestesprobleme gesels.

Ná die onderhoud het ’n luisteraar toe ook met die bokser kontak gemaak.

Volgens die luisteraar wou hy selfmoord pleeg, maar het hy van sy plan afgesien nadat hy Fury oor die radio gehoor het.

“Sy woorde het my lewe gered en het my laat besluit om myself reg te ruk,” het ene James in sy eie Instagram-boodskap oor Fury gesê.

Die super-middelgewigbokser Billy Joe Saunders het onlangs in ’n onderhoud met die Daily Mail onthul hoe hy op sy beurt vir Fury in 2016 gehelp het.

Fury was in daardie tyd baie depressief en hy was verslaaf aan middels soos kokaïen.

Volgens Saunders het hy en Fury omtrent ’n twee uur lange gesprek gehad.

“Hy het gesê hy wou selfmoord pleeg en ek het aan hom gesê ‘Waarom praat jy oor selfmoord? As jy nou selfmoord pleeg, wie gaan na jou seuns en dogters en vrou kyk?’ ” het Saunders gesê.

“Ek het hom gevra hoe dink hy sou sy seuns voel as hulle pa onthou sou word as ’n wêreldkampioen wat selfmoord gepleeg het.”

Saunders het Fury ook aan ’n nuwe afrigter, Ben Davison, voorgestel en die bokser het ’n gedaanteverwisseling ondergaan.

Meer oor:  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.