Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oud-F1-baas Ecclestone (89) word weer pa
Bernie Ecclestone en sy vrou Fabiana Flosi. Foto: Getty Images

Die miljardêr Bernie Ecclestone (89) en sy vrou, Fabiana Flosi (44), verwag hul eerste kind.

Die voormalige eienaar van Formule Een het drie dogters uit vorige huwelike.

“Ek sien geen verskil daarin om 89 of 29 te wees nie,” sê die Brit.

“Ek veronderstel jy worstel met dieselfde probleme. Dit is oukei.”

Ecclestone was vir 40 jaar die kommersiële grootbaas van F1 voordat hy in 2017 deur die sport se nuwe eienaar, Liberty Media, met die Amerikaner Chase Carey vervang is.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  Bernie Ecclestone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.