Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wat’s dié Instagram-nonsens?

Die voormalige Formule Een-renjaer Martin Brundle kan dit nie kleinkry dat die huidige geslag jaers op die oog af Instagram-vriende is, maar dan op die baan in mekaar vasjaag nie.

Martin Brundle skud maar net sy kop oor die nuwe geslag renjaers se Instagram-kultuur. Foto: Getty Images

Die sosiale media speel deesdae ’n belangrike rol in dié sport, met renjaers wat op verskeie platforms met hul ondersteuners skakel.

Die jongste F1-jaer, Lando Norris, woeker die meeste op sosiale media en plaas gereeld video’s, grappe en dies meer om sy volgelinge te vermaak. Hy en ander jaers steek ook gereeld met mekaar die draak op sosiale media.

“Ek verstaan nie vandag se Instagram-gedrewe wêreld nie,” het hy in ’n onderhoud met Auto Motor und Sport gesê.

“Beste vriende, hoe kan dít hou? Hoe kan jy op sosiale media voorgee jy is beste vriende met iemand en terselfdertyd ’n intense wedywering op die renbaan handhaaf? Toe ek deelgeneem was daar van die baan af vriendskappe met van jou mededingers, maar dit het gewoonlik nie lank gehou nie, want jy sou uiteindelik week in en week uit veg om eerste om ’n draai te gaan,” sê Brundle.

Wat die stand van die sport in 2020 betref, is Brundle egter opgewonde. Hy glo die opkoms van die jongelinge Charles Leclerc (Ferrari) en Max Verstappen (Red Bull), wat gaan probeer om Lewis Hamilton van ’n sewende wêreldtitel te weerhou, kan vir die tipe drama sorg wat die sport van beroof is toe Ayrton Senna in 1994 op 34-jarige ouderdom verongeluk het.

Dít was die jaar wat ’n jong Michael Schumacher die eerste van sy sewe wêreldtitels gewen het en F1 het voor Senna se dood in Italië sy lippe afgelek vir hul potensiële tweestryd in komende jare.

“Daar is nou twee jong Turke wat die koning (Hamilton) wil onttroon. Dít herinner my aan die tyd toe ’n jong Schumacher na vore getree het as Senna se troonopvolger. Ons kan dalk in terme van wedywering dalk net iets kry waarvan ons destyds (met Senna se dood) beroof is.”

– TeamTalk

Meer oor:  Lando Norris  |  F1  |  Instagram  |  Motorsport  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.