Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oud-Olimpiese kampioen neem wraak
Robeisy Ramirez (regs) en Adan Gonzales verlede jaar in aksie in hul geveg in Philadelphia, Amerika. Toe was Gonzales die wenner, maar Vrydagoggend (SA tyd) het Ramirez dié nederlaag in Las Vegas gewreek.Foto: Getty Images

Robeisy Ramirez, ’n voormalige tweemalige Olimpiese kampioen, het Vrydagoggend (SA tyd) sy enigste nederlaag in die beroepbokskryt gewreek.

Ramirez (26) het in Augustus verlede jaar in sy debuut in die geldkryt ’n verrassende nederlaag teen Adan Gonzales van Amerika gely.

Die Kubaan het lelik onder kritici deurgeloop, want Gonzales word nie juis as ’n wafferse bokser beskou nie.

Ramirez het homself daarna reggeruk en sy volgende drie gevegte almal met uitklophoue gewen.

Ramirez het homself daarna reggeruk en sy volgende drie gevegte almal met uitklophoue gewen.

Vrydagoggend het hy in die MGM Grand-casino in Las Vegas weer ’n kans teen Gonzales gekry.

Hierdie keer het hy maklik met punte oor ses rondes gewen en nou word daar weer van hom as ’n toekomstige wêreldkampioen gepraat.

Ramirez het in 2012 as vlieggewig en in 2016 as kapokgewig in die Olimpiese Spele geboks.

Hy ding tans in die afdeling vir veergewigte mee.

José Pedraza van Puerto Rico was in Las Vegas aan die wenkant in sy geveg teen Mikkel LesPierre.Foto: Getty Images

In nog ’n geveg in dieselfde toernooi in Las Vegas het José Pedraza van Puerto Rico ’n indrukwekkende punte-oorwinning oor tien rondes oor Mikkel LesPierre van Amerika behaal.

Pedraza het LesPierre twee keer platgeslaan, maar LesPierre het geweier om te bly lê.

LesPierre is ook ’n vrywillige gesondheidswerker in New York en kon eintlik nie behoorlik vir die geveg voorberei nie.

Pedraza, ’n voormalige liggewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie, probeer nou in die afdeling vir weltergewigte ’n naam maak.

Albert Bell was in nog ’n geveg in die afdeling vir liggewigte met punte oor tien rondes teen Mark Bernaldez baas. – Sportredaksie

Meer oor:  Las Vegas  |  Amerika  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.