Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oud-toetsflank laat vuiste nou in MMA klap

Die voormalige Engelse rugbyspeler James Haskell het ’n kontrak met die gemengde gevegskunspromotor Bellator MMA onderteken en gaan in die afdeling vir swaargewigte deelneem.

James Haskell gaan voortaan sy slag in gemengde gevegskuns wys. Foto: Getty Images

Daar is nog nie ’n datum aangekondig wanneer hy die eerste keer gaan veg nie.

Volgens berigte in die Britse media sal die 34-jarige Haskell eers volgende jaar sy buiging as vegter maak.

“Hulle sê nuwe jaar, nuwe jy,” het Haskell in ’n Instagram-plasing gesê.

Hy het ook ’n video van hom in sy vegtersklere bygevoeg.

Haskell, wat 77 toetse vir Engeland gespeel het, het aan twee Wêreldbeker-toernooi deelgeneem.

Hy het Engeland ook gehelp om ses Sesnasies-titels te wen.

Hy het ook meer as 200 wedstryde vir die Engelse klub Wasps gespeel en was deel van die Britse en Ierse Leeus se toergroep, wat in 2017 die toetslouere met Nieu-Seeland gedeel het.

Verlede seisoen het hy met enkel- en toonprobleme gesukkel, toe hy vir Northampton gespeel het.

Hy het toe teeen die einde van die seisoen sy uittrede uit rugby aangekondig.

Haskell toon al lank ’n belangstelling in gemengde gevegskuns en het al voorheen saam met die Britse vegter Michael “Venom” Page geoefen.

Hy het al kommentaar oor die sport vir televisie gedoen.

“Ek wens hom alle sterkte toe en is bly dat dit met hom goed gaan,” het Eddie Jones, Engeland se afrigter, gesê.

“Hy het ons (Engeland se rugbyspan) goed gedien en was ’n belangrike deel in die span wat in 2016 die Grand Slam behaal het.”

Jones het bygevoeg dat hy “beslis” kaartjies vir Haskell se eerste geveg sal koop.

“Dit maak nie saak of hy enigiets gaan beteken in die kryt nie, ek sal daar wees,” het Jones gesê. – Reuters

Meer oor:  Engeland  |  James Haskell  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.