Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Larry saam met Harrelson in fliek

Die voormalige Britse swaargewigbokser Larry Olubamiwo het onlangs die grootste rol van sy nuwe loopbaan as akteur losgeslaan.

Hoewel Olubamiwo (42) ’n kleinerige rolletjie in Marvel se komende Venom 2: Let there be Carnage vertolk, kan dit vir hom as ’n soort deurbraak beskou word.

Larry Olubamiwo, wat hier in 2011 in sy geveg teen John McDermott deur die skeidsregter Jeff Hinds uitgetel word, het 19 gevegte in die beroepskryt verloor en 11 gewen. Foto: Getty Images

Hy het al voorheen rolletjies in rolprente soos Cat Face en The Middle Man vertolk, maar dit sal die grootste produksie wees waarin hy nog te sien sal wees.

Tom Hardy en Woody Harrelson vertolk die hoofrolle in die opvolg van die gewilde Venom-rolprent.

’n Mens hou maar duim vas dat Olubamiwo se loopbaan as akteur meer suksesvol as sy een as bokser sal wees.

Hy het sy debuut as beroepsbokser in Oktober van 2008 gemaak toe hy Vlado Szabo in Londen met ’n tegniese uitklophou verslaan het. Dinge het aanvanklik taamlik goed gegaan totdat hy in Februarie van 2011 sy eerste nederlaag teen John McDermott gely het. Van daar af was dit nag.

Daar het soms vreemde dinge in Larry Olubamiwo se gevegte gebeur. Hier kielie Jason Gavern in 2013 die skeidsregter (Richie Davies) op die kop terwyl Olubamiwo ’n bietjie asem skep. Foto: Getty Images

Hy het sy volgende 11 gevegte verloor voordat hy in Julie 2015 daarin kon slaag om teen AJ Carter te wen. Toe verloor hy sy volgende vyf gevegte en maak die wyse besluit om eerder die handskoene weg te pak.

Dat die Britse boksbase hom toegelaat het om so lank te boks met so ’n swak rekord, is nogal ’n raaisel.

Olubamiwo se boksloopbaan is in 2012 ook ’n keer vir ’n klompie maande onderbreek toe hy geskors is omdat hy ’n verbode middel gebruik het.

In sy vroeë 20’s het Olubamiwo ook ’n tyd in die tronk vir gewapende roof deurgebring.

Kyk hier hoe roer Jamie Hearn vir Larry Olubamiwo in Maart 2014:

Meer oor:  Woody Harrelson  |  Boks  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.