Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Outoppies steel jong bulle se kalklig
’n Plakkaat wat Mike Tyson en Roy Jones junior se vertoongeveg adverteer. Foto: Facebook

Nou hoe moet Daniel Dubois en Joe Joyce nou voel?

Hulle word as twee van die beste swaargewigboksers in die wêreld beskou, albei is nog onoorwonne in die beroepskryt en hulle pak mekaar Saterdag in Londen.

Maar al waaroor die meeste mense wil praat, is oor twee outoppies, Mike Tyson en Roy Jones junior, wat mekaar ook Saterdag die stryd aansê.

Daniel Dubois (links) en Joe Joyce (regs) boks hierdie naweek in ’n regte geveg in Londen teen mekaar. Foto: Getty Images

Tyson en Jones is altwee voormalige wêreldkampioene en hulle boks in die Staples-sentrum in Los Angeles teen mekaar in wat as ’n vertoongeveg ten bate van liefdadigheid beskryf word.

Vir weke, nee maande, woel dit al op sosiale media oor hierdie geveg. Tyson en Jones oefen soos besetenes, kyk hoe fris is hulle, mag hulle mekaar uitslaan, mag hulle mekaar byt, ensovoorts, ensovoorts.

Blykbaar mag hulle mekaar nou wel uitslaan. Maar hulle mag mekaar nie byt nie.

’n Mens kan nie anders as om ’n bietjie deur die hype meegevoer te raak nie.

Dan kyk jy weer na die twee strydrosse se laaste gevegte destyds en jy wonder of hulle nie maar liewer voor die TV moes gebly het en kyk hoe baklei Dubois en Joyce nie.

Daniel Dubois besig om Ebenezer Tetteh verlede jaar in September lelik te karnuffel. Foto: Getty Images
Bryant Jennings keer verlede jaar vir al wat hy werd is terwyl Joe Joyce drom speel op sy ribbekas. Foto: Getty Images

Tyson Fury van Brittanje, die Wêreldboksraad se swaargewigkampioen, is darem opgewonde oor sy twee landgenote se geveg.

“Dis ’n geveg wat ek nie wil misloop nie. Albei is goeie vegters. As jy in Joe se pad kom, sal hy jou onderstebo loop en Daniel is groot, sterk en jonk,” het Fury aan Boxing Scene gesê.

Joyce kan as die gunsteling beskou word om te wen aangesien hy al met ’n paar beter manne as Dubois afgereken het.

Joyce het onder andere vir Bermane Stiverne, ’n voormalige wêreldkampioen, en die gedugte Bryant Jennings afgestof.

Dubois is nes Joyce ’n geweldig harde slaner en dit sal ’n verrassing wees as die geveg die volle getal rondes duur.

Dubois se Statebond- en Britse swaargewigtitels is op die spel. Die wenner sal ook die vakante Europese titel huis toe kan vat.

Kyk hier na hoogtepunte uit Roy Jones junior se boksloopbaan as jy nog nie versadigingspunt bereik het met Tyson-Jones nie

Meer oor:  Roy Jones Jr.  |  Boks  |  Mike Tyson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.