Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pacquiao gaan teen McGregor boks
Die Filippynse bokslegende Manny Pacquiao gaan glo aanstaande jaar teen Conor McGregor boks. Foto: Getty Images

Manny Pacquiao gaan inderdaad volgende jaar teen Conor McGregor boks.

Nadat McGregor die naweek getwiet het dat hy “volgende teen Pacquiao in die Midde-Ooste gaan boks”, het ’n assistent van Pacquiao dit bevestig.

“Ons ontken dit nie,” het Jayke Joson aan Reuters gesê. “Altwee vegters maak reg vir een epiese laaste boksgeveg.”

Conor McGregor was laas in die bokskryt toe Floyd Mayweather hom lelik afgestof het. Foto: Getty Images

Pacquiao is ook ’n senator in die Filippyne en ’n deel van die inkomste van die geveg sal glo gebruik word ten bate van Covid-19-slagoffers in sy land.

Teen Saterdag was daar al meer as 300 000 bevestigde gevalle van koronavirus in die Filippyne en het byna 5 300 mense as gevolg daarvan gesterf.

Die 41-jarige Pacquiao is die enigste man wat al daarin kon slaag om wêreldtitels in agt verskillende gewigsafdelings te wen.

Hy het Keith Thurman in Julie verlede jaar verslaan om die Wêreldboksvereniging se weltergewigkampioen te word.

McGregor, ’n voormalige tweemalige UFC-gemengde gevegskunskampioen, het nog net aan een beroepsboksgeveg deelgeneem.

Dit was in November 2017 toe Floyd Mayweather hom in die tiende ronde van hul geveg in die T-Mobile-arena in Las Vegas met ’n tegniese uitklophou verslaan het.

• Mairis Briedis van Litoue het intussen Saterdag die nuwe junior swaargewigkampioen van die Internasionale Boksfederasie geword toe hy Yuniel Dorticos van Kuba in München met punte oor 12 rondes verslaan het.

Mairis Briedis het die naweek die IBF se nuwe junior swaargewigkampioen geword. Foto: World Boxing Super Series

Volgens World Boxing News het twee beoordelaars gedink Briedis was met 117-111 baas, met nog een wat gedink het die geveg was met 114-114 gelykop.

Die geveg was ook die eindstryd van die World Boxing Super Series en Briedis het daarmee ook die Muhammad Ali-trofee gewen.

Meer oor:  Boks  |  Conor Mcgregor  |  Manny Pacquiao
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.