Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pacquiao in duister oor ‘geveg’
Die Britse bokser Amir Khan is geneig om in sy eie droomwêreld te leef. Foto: Getty Images

Die Filippynse bokser Manny Pacquiao is glo dronkgeslaan deur berigte dat hy ’n kontrak onderteken het om teen Amir Khan van Brittanje te boks.

Khan het aan Boxing Scene gesê as Pacquiao Saterdag in Las Vegas teen Keith Thurman verloor, boks hy en Pacquiao op 8 November in Saoedi-Arabië teen mekaar.

Fred Sternberg, Pacquiao se publisiteitsbeampte, het dié bewering ten sterkste ontken.

Manny Pacquiao en Keith Thurman boks Saterdag in Las Vegas teen mekaar. Foto: Getty Images

“Sover ek weet is so iets nog nie bespreek nie en weet Manny niks daarvan nie,” sê Sternberg.

Khan het onlangs ’n geveg teen Billy Dibb van Australië in Saoedi-Arabië met ’n tegniese uitklophou in die vierde ronde gewen.

Thurman het intussen voorspel hy gaan Pacquiao voor die sesde ronde van hul geveg Saterdag in die MGM Grand-arena in Las Vegas uitslaan.

Pacquiao, wat soos altyd voor ’n geveg die vriendelikheid vanself is, het net geglimlag.

Die toernooi in Las Vegas word Sondag van 03:00 regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai.

Meer oor:  Boks  |  Manny Pacquiao  |  Amir Khan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.