Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pacquiao rou oor sy geliefde Pacman

Pacman is dood, maar sy baas veg voort!

Manny Pacquiao het een van sy geliefde troeteldiere Sondag verloor. Foto: Getty Images

Die legendariese Filippynse bokser Manny Pacquiao se hart is in duisend stukkies nadat sy geliefde jackrussell-hondjie, Pacman, Sondag in ’n fratsongeluk dood is.

David Sisson, een van Pacquiao se helpers, het buite een van die bokser se huise in General Santos City agteruitgery en die troeteldier raakgery.

“Ek het hom (Pacman) nie eens gesien nie. Hy het van nêrens af gekom,” het ’n bewerige Sisson aan die South China Morning Post gesê.

Sisson het dadelik met Pacman na ’n veearts gejaag, maar die 14-jarige brakkie kon nie gered word nie.

Een van vele foto’s wat Manny Pacquiao op ’n tyd van sy geliefde Pacman op sosiale media gedeel het.

Pacquiao was glo in trane. Rou snikke het uit sy sterk borskas geskeur.

Hy en Pacman deel nie net dieselfde bynaam nie, hulle het ook gereeld in dieselfde bed geslaap.

Wanneer Pacquiao gaan draf het, het Pacman eers aan sy enkels probeer hap en dan soos ’n Usain Bolt vooruit geskiet.

Hy was astrant en oulik, ’n liefdevolle dier. Pacquiao het selfs ’n voltydse oppasser, Noel Lautengco, aangestel om na Pacman te kyk.

Pacman het by Lautengco gebly wanneer Pacquiao uitstedig was.

Freddie Roach, wat jare lank Pacquiao se hoofafrigter was, het ’n paar jaar gelede aan barkpost.com gesê Pacquiao “het histeries van woede geword” as iemand ’n hond verwaarloos.

“Blykbaar het Manny se pa hul hond een aand gaargemaak vir aandete toe die Pacquiao-gesin swaargekry het,” het Roach gesê.

Goeie tye! Twee Pacmans draf tesame.

Manny het net daar weggeloop en ’n straatkind geword. Dit is uit daardie hartseer waarmee Manny vir hom ’n toekoms in die bokskryt oopgeslaan het.

Pacman is glo Sondagmiddag agter in Pacquiao se erf begrawe.

Pacquiao kon darem troos vind by Thurman, nog ’n hond wat hy verlede jaar aangeskaf het.

Thurman is na Keith Thurman, een van Pacquiao se vorige teenstanders, genoem.

Daar word verwag dat Pacquiao voor die einde van die jaar weer in aksie in die bokskryt sal wees.

Dit is in hierdie stadium onseker wie sy teenstander sal wees.

Meer oor:  Boks  |  Troeteldiere  |  Manny Pacquiao
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.