Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Para-swemmers na Londen oor Israel-kwessie

Londen is as die gasheerstad vir die Wêreld-paraswemkampioenskappe aangewys nadat Maleisië van die reg gestroop is om dié byeenkoms vanjaar aan te bied.

Die Wêreld-paraswemkampioenskappe sal nou in Londen plaasvind. Foto: Getty Images

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) het Maandag aangekondig dat die kampioenskappe van 9 tot 15 September in Engeland sal plaasvind.

Dié byeenkoms was veronderstel om aan die einde van Julie in Maleisië beslis te word, maar dié land kon nie die nodige waarborge aan die IPC bied dat Israeliese swemmers toegelaat sou word om veilig en vry van diskriminasie deel te neem nie.

Omdat die IPC op kort kennisgewing ’n nuwe gasheernasie moes vind, is die Wêreldkampioenskappe uitgestel tot September.

Dié byeenkoms sal van deurslaggewende belang vir swemmers wees wat hoop om te kwalifiseer vir die Paralimpiese Spele in Tokio in 2020. 

– Reuters

Meer oor:  Swem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.