Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Parker behou titel; klop Fury met punte

Joseph Parker van Nieu-Seeland het sy swaargewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) suksesvol verdedig deur Hughie Fury van Brittanje Saterdagaand met punte oor 12 rondes in Manchester, Engeland, te klop.

Joseph Parker het Hughie Fury ’n paar keer met sy kragtige houe geskud. Foto: Getty Images

Dit was egter nie so maklik as wat vooraf verwag is nie.

Volgens The Guardian het Fury veral in die middelste klompie rondes heelwat punte ingesamel.

Parker het die geveg verwoed begin. Dit was duidelik dat hy ’n goeie indruk wou maak omdat hy volgende teen nog ’n Brit, Anthony Joshua, wil boks.

Joshua is die Wêreldboksvereniging en Internasionale Boksorganisasie se kampioen.

Fury (regs) het verbasend goed gevaar. Hy is vooraf deur min kenners ’n kans gegun om die hele geveg op sy voete te bly. Foto: Getty Images
Steeds die WBO-kampioen. Joseph Parker kyk van onder die WBO-gordel vir die skare. Dit lyk asof die twee ouens links nie koud gekry het in Manchester nie. Foto: Getty Images

Fury het die eerste ronde egter oorleef en vasgebyt om Parker te frustreer.

Die laaste paar rondes het Parker volgens die meerderheid van die beoordelaars genoeg gedoen om te wen.

Twee van hulle het beslis hy was met 118-110 baas, met nog een wat gedink het die geveg was met 114-114 gelykop.

Meer oor:  Boks  |  Hughie Fury  |  Joseph Parker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.