Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pensioenaris word wêreld se oudste bokser

Die Amerikaner Bobby Al Hughes het die naweek die oudste bokser geword om ’n beroepsgeveg te wen toe hy Tramane Towns in die tweede ronde van hul geveg in Indianapolis, Indiana, uitgeslaan het.

’n Plakkaat wat Bobby Al Hughes se geveg adverteer.

Volgens verskeie berigte en ’n plakkaat wat die geveg adverteer, was Hughes 70 jaar oud.

Sy ouderdom word egter by Boxrec.com as 66 jaar aangegee.

Al is hy 66 en nie 70 nie, is Hughes steeds ouer as die vorige rekordhouer, Steve Ward van Brittanje, wat in 2017 60 jaar oud was toe hy in aksie was.

Hughes het glo weer geboks omdat sy seun hom uitgedaag het om dit te doen.

Nadat sy seun sy eie lewe geneem het in April, het Hughes toe besluit om die uitdaging te aanvaar.

Hy het nou ’n rekord van 11 oorwinnings, sewe nederlae en vier gelykopuitslae.

Sy vorige geveg was in 1983, toe hy teen Mike Pollitt verloor het.

Sy teenstander Saterdagaand was 43 jaar oud. Towns kon nie een van sy vorige ses gevegte wen nie en was self in 2008 laas in aksie.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.