Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Phuzi verslaan veteraan ná 10 rondes in kryt
Akani Phuzi.Foto: Verskaf

Die belowende junior swaargewigbokser Akani Phuzi het Sondag in die Blairgowrie-saal in Randburg nogal gesukkel om sy tiende oorwinning in die geldkryt te behaal.

Phuzi het Vikapito Meroro, ’n veteraan-vegter van Namibië, met punte oor tien rondes verslaan.

Dit het egter gelyk of Phuzi, wat Meroro in die agtste ronde ’n keer platgeslaan het, oorversigtig was.

In die hoofvoorgeveg het die vonke behoorlik gespat tussen die super-middelgewigte Frank Rodrigues en Alex Kabangu.

Kabangu, wat van die Kongo af kom, is as die wenner met punte oor 8 rondes aangewys.

Daar was egter bitter min te kies tussen die vegters en ’n herontmoeting sal dalk nie ’n slegte idee wees nie.

In nog ’n voorgeveg het die swaargewig Wilhelm Nebe sy vierde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hy Danny Ngokwey, ook van die Kongo, met punte oor vier rondes verslaan het.

Meer oor:  Akani Puzi  |  Boks  |  Vikapita Meroro  |  Randburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.