Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pleidooie om Giro weens C-19 te staak

Weens die swaard van Covid-19 wat oor die Giro d’Italia hang, wil die EF-span in gesprekke met die organiseerder en ander deelnemers tree oor die wenslikheid daarvan om dié fietstoer voort te sit.

Ecuador se Jhonatan Narváez (Ineos Grenadiers) op pad na sy skofsege in die 12de skof Donderdag. Foto: AP

Dit volg nadat ’n hele paar positiewe gevalle vroeër die week, tydens toetsing wat Sondag en Maandag uitgevoer is, aan die lig gekom het. Twee spanne, Mitchelton-Scott en Jumbo-Visma, het hul ryers daarna onttrek.

Om sake te vererger, het 17 polisielede op motorfietse wat deel van die konvooi van die Giro is, ook die koronavirus onder lede.

Tog het Jonathan Vaughters, bestuurder van EF, ontken dat hulle versoek het dat die wedren afgestel word, maar gewaarsku dat dit chaoties kan raak indien daar enige verdere positiewe toetsuitslae is.

Benewens die twee spanne wat hulle onttrek het, is drie ander spanne geraak deur personeel wat Covid-19 onder lede het.

“Dit is ’n voorstel, ons dreig nie om pad te gee nie,” het Vaughters aan Eurosport gesê.

“Wanneer jy kyk na 11 positiewe gevalle op die laaste rusdag (Maandag), bring dit jou uit by ’n syfer van 2% se positiewe gevalle in die borrel.

“Gegewe die interaksie van die peloton, het ons dit as ons plig geag om die RCS (die organiseerder) te vra om nie kanse te waag nie, omdat dit chaoties kan raak.”

Dit is nie net Vaughters-hulle wat hul bedenkinge het oor of die Giro moet voortgaan of nie. Die Belg Thomas de Gendt (Lotto-Soudal) het so ver gegaan as om te sê dat hy min geloof in die organiseerder het.

“Daar was tien gevalle en gister het ek verskeie ryers gehoor wat gehoes het.

“Voel ek onveilig? Dinge gaan te ver. Dit gaan nie soveel oor my as oor my familie nie. Ek wil nie iemand aansteek nie – dit is iets wat my bekommer,” het De Gendt volgens cyclingnews.com gesê.

Intussen het David Lappartient, president van die Internasionale Fietsryunie, aan die Vlaamse koerant Het Nieuwsblad gesê dat dinge steeds onder beheer is. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Giro D'italia  |  Fietsren  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.