Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Plek in Spele in Albstadt op die spel

Die speke sing weer en almal se pedale wys in die rigting van Tokio.

Die eerste van ses byeenkomste in die Wêreldbeker-reeks vind die naweek in Albstadt, Duitsland, plaas.

Alan Hatherly in aksie op sy nuwe Cannondale-bergfiets. Foto: Michele Mondini

Dié byeenkoms, asook die een volgende naweek in Nové Mesto na Morave in die Tsjeggiese Republiek, is die laaste twee kwalifiserende fietsrenne vir die Olimpiese Spele.

En almal soek ’n plek in hul lande se bergfietsspanne.

Die Olimpiër en voormalige o.23-wêreldkampioen, Alan Hatherly (25), is die enigste Suid-Afrikaner onder die elite-mans wat in Albstadt sal deelneem.

Mariske Strauss, Cherie Redecker, Candice Lill en Sarah Hill is in aksie en Suid-Afrika kan net drie mense in elke afdeling kies.

Hatherly se opgang in die sport is ongelooflik sedert hy in 2016 as jongeling op die Spele aangetree het.

In 2018 het hy ’n bronsmedalje op die Statebondspele verower en daarna is hy as die o.23-veldrenwêreldkampioen gekroon.

Einde verlede jaar het hy ’n kontrak by die gesogte Cannondale-span losgeslaan.

Daar slyp hy sy vaardighede onder die vlerk van die Brasiliaan Henrique Avancini, tans nr. 1 op die wêreldranglys, en die Duitse veteraan Manuel Fumic.

Alan Hatherly (naaslinks) by twee van sy spanmaats, Manuel Fumic en Simon Andreassen. Foto: Michele Mondini

Hy en sy Specialized-spanmaat Simon Andreassen van Denemarke het albei na Cannondale geskuif.

Hatherly sê die span is “op ’n ander vlak”.

“Ek het altyd gehoop en gewerk om die span te haal. Die span is soos ’n klein familie en dit help geestelik om ’n goeie vertoning te lewer.

“Ons span het die laaste paar maande hard gewerk. Ek is opgewonde om alles te toets en te kyk waar dit my in die uitslae bring,” sê Hatherly.

Die Olimpiese veldrenne word Sondag beslis.

Die Tankwa Trek en die Cape Epic, waar ryers punte kon verdien, kon nie vroeër vanjaar gehou word nie, maar Hatherly sê alles het goed uitgewerk.

Benewens ’n kamp van vier weke in Duitsland saam met sy spanmaats, het hy en sy fietstegnikus ook solo-kampe bygewoon waar hulle die laaste verstellings aan sy Scalpel gemaak het.

Hatherly sê hy het aan twee wedrenne in Italië en een in Oostenryk deelgeneem. “Ek was tevrede want die peil was daar, ondanks aanvanklike maagprobleme toe ek in Duitsland aangekom het.”

In die wedren in Canepa, Italië, het hy sterk mededingers geklop en derde geëindig.

Voordat hy na Duitsland vertrek het, het hy in Maart ook twee oorwinnings op die eerste twee byeenkomste van die plaaslike veldrenreeks behaal.

Mariske Strauss het in Europa saam met haar Nederlandse span voorberei. Foto: Traian Olinici

Die 29-jarige Strauss is al van Februarie in Europa by haar Nederlandse span CST PostNL Bafang.

Strauss is in Desember getroud, maar het haar wederhelf in die Kaap agtergelaat en vroeër na Europa gereis omdat die reisreëlings deesdae onvoorspelbaar en ingewikkeld is.

“Ek het ’n rowwe paar maande agter die rug. Ek het in Januarie gesondheidsprobleme ondervind en in Maart harsingskudding in ’n oefensessie in Duitsland opgedoen.

“Hopelik het ek die laaste tyd hard genoeg gewerk,” sê sy.

• Johan van Zyl en Daniel van der Walt sal Saterdag in die o.23-afdeling meeding.

TV: Sondag om 11:15 (vroue); 14:30 (mans) (SS 209).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.