Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Plummer: ‘Proteas terug by begin’
Ine-Marí Venter (plaasvervanger-hulpdoel) probeer die bal wegkry van Katrina Grant, hulpdoelverdediger van die Silwervarings, in Dinsdag se netbaltoets in Tauranga, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Saterdag se goeie begin teen Australië, is Dinsdag in 15 minute ongedaan gemaak.

Die nasionale netbalspan was in sy toets teen Nieu-Seeland in die Vierhoekige reeks vanuit die staanspoor op die agtervoet.

Hy het in Tauranga, Nieu-Seeland, die eerste doel aangeteken, maar daarna het die Silwervarings 11 onbeantwoorde doele ingeryg voordat Maryka Holtzhausen (hulpdoel) een vir die Proteas kon behaal.

Die Kiwi’s het in die eerste kwart 17 doele teenoor 7 doele behaal en dit in die laaste kwart herhaal om met 61-37 te seëvier.

Die rustydtelling was 30-19.

Die nederlaag was Suid-Afrika se tweede in September se reeks, nadat hy Saterdag in Auckland met 44-61 teen Australië verloor het.

Die verskil was dat die Proteas teen die Aussies vir een helfte darem in die wedstryd was.

Daar is al baie gesê oor die onervare senterbaanspelers wat Suid-Afrika nou moet inspan, terwyl Erin Burger (medies) en Izette Griesel (besering) nie beskikbaar is nie.

Die Proteas het gesukkel om die bal by die sirkelrand te kry. Hulle moes dikwels agtertoe speel voordat hulle weer kon aanval en só die deur oopgemaak vir Kiwi-onderskeppings.

Ja, die Proteas het gesukkel om die bal by die sirkelrand te kry. Hulle moes dikwels agtertoe speel voordat hulle weer kon aanval en só die deur oopgemaak vir Kiwi-onderskeppings.

Lenize Potgieter (doel) en Holtzhausen het egter te veel balbesit in hul sirkel verloor.

Ine-Marí Venter se 1,92 m het ’n verskil gemaak toe sy Holtzhausen nog voor die rustyd vervang het.

Die Kiwi-doele, veral Maria Folau (hulpdoel), was kookwater en kon agterna met ’n gemiddeld van 86% spog teenoor die Suid-Afrikaners se 76%.

Met ’n onervare senter op die baan, moet Bongiwe Msomi, die aanvallende vleuel (AV), ook meer ondersteuning gee.

Khanyisa Chawane het haar tweede toets op senter begin, maar is in die tweede kwart deur Romé Dreyer vervang.

Norma Plummer, die SA netbalafrigter, gedurende Dinsdag se toets teen Nieu-Seeland in Tauranga, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Msomi is in die derde kwart van AV na senter geskuif, met Dreyer na AV.

Norma Plummer, die SA afrigter, het ná die toets glad nie gelukkig gelyk nie.

“Ons is terug by die begin. Dit is steeds ’n klein verbetering – ons het voorheen met meer as 30 doele verloor – maar dit was 24 en is nie goed genoeg nie,” sê Plummer.

“Ons het swak begin en kon nie daarvan herstel nie.”

Dit was die Kiwi’s se eerste oorwinning onder Noeline Taurua, hul nuwe afrigter.

Hulle het hul selfvertroue terug en nóg ’n opwindende tweestryd wag Sondag wanneer hulle hul Tasmaanse buurvrou – die Aussies – in Melbourne pak.

Die Proteas speel Sondag, ook in Melbourne, hul laaste toets teen Engeland.

Die Aussies en die Rose speel Woensdag in Newcastle, Australië, teen mekaar.

TV: Woensdag 11:15: Australië t. Engeland (SS 10).

Meer oor:  Norma Plummer  |  Auckland  |  Proteas  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.