Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Pogacar slaan wéér toe in tydtoets
Tadej Pogacar het Woensdag sy stem dik gemaak in die vyfde skof van die Tour de France. Foto: Reuters

’n Omgesukkelde Tadej Pogacar het Woensdag met ’n blitsige tyd vorendag gekom om die vyfde skof van die Tour de France, ’n individuele tydtoets, te wen.

Pogacar (22, UAE Team Emirates), die verdedigende Tour-kampioen, het die skof oor 27,2 km tussen Changé en Laval in 32 minute afgeblits.

Switserland se Stefan Küng (Groupama-FDJ), ’n tydtoetsspesialis, was tweede (+19 sek), gevolg deur die Deen Jonas Vingegaard (Jumbo-Visma) (+27 sek).

Pogacar het in 2020 in die 20ste skof van die Tour, ook ’n tydtoets, toegeslaan om die geel trui te buit. Die geel trui in vanjaar se wedren is egter steeds oor die skouers van die Nederlander Mathieu van der Poel (Alpecin-Fenix).

Voor die aanvang van die skof was hy algeheel in die sesde plek, 39 sekondes agter Van der Poel. Pogacar is nou algeheel tweede, slegs agt sekondes agter die Nederlander.

Maar die Sloween kruip nader. Voor die aanvang van die skof was hy algeheel in die sesde plek, 39 sekondes agter Van der Poel. Pogacar is nou algeheel tweede, slegs agt sekondes agter die Nederlander.

Met dié vertoning het Pogacar gewys dat sy peil tans puik is en hy vanjaar moeilik as kampioen onttroon gaan word.

Daar is vooraf groot verwagtinge vir nog ’n Sloween, Primoz Roglic (Jumbo-Visma), gekoester wat weens ’n valslag vroeër die week algeheel in die 20ste plek voor die tydtoets was. Roglic, ’n sterk tydtoetsryer, het die skof in die sewende plek voltooi.

Stefan de Bod

Hy is nou algeheel in die tiende plek, 1 minuut en 48 sekondes agter Van der Poel.

Suid-Afrika se Stefan de Bod (Astana-Premier Tech) het die skof in die 45ste plek voltooi, Louis Meintjes (Intermarché-Wanty-Gobert) was 60ste en Nicholas Dlamini (Qhubeka NextHash) 133ste.

Intussen berig Reuters dat die toeskouer wat ’n ongeluk op die eerste skof veroorsaak het, opgespoor en in hegtenis geneem is.

Die toeskouer, ’n vrou, het reg langs die pad gestaan en ’n bord vasgehou waarin die Duitser Tony Martin (Jumbo-Visma) vasgery het. Dit het tot gevolg gehad dat ’n aantal ryers agter hom ook halsoorkop neergeslaan het.

• Die sesde skof word Vrydag oor 160,6 km, tussen Tours en Châteauroux, beslis.

Meer oor:  Tadej Pogacar  |  Mathieu Van Der Poel  |  Frankryk  |  Fietsry  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.