Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Popster Pink wil span se bikini-boete betaal

Die Amerikaanse popster Pink het aangebied om die boetes te betaal van die Noorweegse strandhandbalspan nadat die spelers verlede week kortbroeke pleks van bikinibroekies gedra het in hul bronsmedalje-wedstryd teen Spanje in die Europese Kampioenskap in Varna, Bulgarye.

Noorweë dra kortbroeke op die Europese Kampioenskap. Foto: Instagram

Die Europese Handbalfederasie (EHF) het die span met €1 500 (€150 per speler) beboet weens “onbehoorlike kleredrag”.

ESPN berig die sangeres het die span op Twitter geprys.

“Ek is baie trots op Noorweë se vroue-strandhandbalspan omdat hulle standpunt ingeneem het teen seksistiese reëls wat hul uitrustings betref,” sê Pink.

“Welgedaan. Ek sal graag jul boetes vir julle betaal. Gaan so voort.”

Die gewilde popster Pink is beïndruk met die Noorweegse span se keuse van uitrusting. Foto: Getty Images

Die Noorweegse Handbalfederasie sê hy het reeds die boete betaal, maar meen kleredrag moet ’n “vrye keuse wees binne ’n gestandaardiseerde raamwerk”.

Die span het egter op Instagram sy dankbaarheid teenoor die “Get the Party Started”- en “Cover Me in Sunshine”-sangeres uitgespreek.

“Sjoe! Baie dankie vir die ondersteuning,” lui die span se Instagram-storie.

Die EHF sê in ’n verklaring hy het die boete opgelê omdat die span se kortbroeke “nie voldoen het aan die klerereëls nie”.

Abid Raja, Noorweë se minister van sport en kultuur, het die beslissing egter as “uiters belaglik” beskryf.

Die legendariese tennisspeler Billie Jean King tel onder diegene wat die Noorweërs ondersteun.

“Die seksualisering van vrouesportlui moet einde kry,” het sy verlede week op Twitter gesê.

Die handbalklub van die Universiteit van Bath meen die boetes is “heeltemal verregaande” en is bekommerd dat die reëls rakende bikini’s vroue kan ontmoedig om die sport te beoefen.

“Ek sou uiters ongemaklik voel om gedwing te word om ’n bikini te dra sodat ek kan deelneem aan die sport wat ek liefhet,” sê die klub se medekaptein, Emma Steggles.

– Sportredaksie

Meer oor:  Pink  |  Bikini  |  Strandhandbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.