Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Porter-sege dek tafel vir naweek se groot boks

Die bokswêreld het die afgelope naweek behoorlik vlamgevat met die skitterende geveg tussen Shawn Porter en Danny Garcia in New York.

Porter het die vakante weltergewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) gewen deur Garcia met punte oor 12 rondes te verslaan.

Shawn Porter (regs) en Danny Garcia (links) het mekaar Saterdag in Brooklyn goed slae gegee. Foto: Getty Images

Dié twee Amerikaners het mekaar behoorlik die stryd aangesê, met Porter wat volgens die beoordelaars die ywerigste bokser was.

Dan Ackermann het gedink Porter het met 116-112 gewen, terwyl Julie Lederman en Eric Marlinski albei gedink het hy was net-net met 115-113 baas.

Volgens CompuBox se statistieke het Porter 742 houe gegooi waarmee hy met 180 getref het.

Errol Spence wil nou graag teen Shawn Porter baklei.Foto: Getty Images
Chris van Heerden wag steeds om te hoor wanneer hy nou teen Frederick Lawson van Ghana gaan boks.Foto: Getty Images

Garcia het 472 houe geslaan en 168 van hulle het getref.

Garcia het die harder houe geslaan. Die hardste houe waarmee Porter getref het, was die kopstampe waarmee hy die lewe vir Garcia mee moeilik gemaak het.

Errol Spence, die Internasionale Boksfederasie (IBF) se kampioen, was ná die tyd saam met Porter in die kryt.

Albei het gesê hulle wil graag teen mekaar boks. Dit kan nog ’n skitterende geveg wees.

Suid-Afrika se weltergewighoop, Chris van Heerden, wag intussen steeds om te hoor wanneer hy teen Frederick Lawson van Ghana gaan boks.

Hul geveg is ’n tydjie gelede uitgestel omdat Lawson visumprobleme gehad het om in Kanada te baklei.

As Van Heerden op die wenpad kan bly, kan hy dalk iewers vorentoe weer ’n kans kry om teen Porter of Spence te veg.

Spence het Van Heerden in 2015 met ’n tegniese uitklophou verslaan.

* Hierdie naweek vind die langverwagte herontmoeting tussen Gennady Golovkin van Kazakstan en Saul Alvarez van Mexiko in Las Vegas plaas.

Hul opwindende kragmeting verlede jaar het gelykop geëindig.

Meer oor:  Shawn Porter  |  Boks  |  Danny Garcia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.