Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Portugees wen, Binder 8ste in Portugal
Brad Binder (KTM, nr. 33) ry Sondag om ’n draai in die Katalaanse MotoGP in Barcelona. Die Suid-Afrikaner het agtste geëindig. Foto: AP

Die MotoGP-jaer Miguel Oliveira (KTM) het die vreugdevure in Portugal reeds vroeg laat aansteek toe hy Sondag ’n chaotiese Katalaanse Grand Prix in Barcelona gewen het.

Die Fransman Johann Zarco (Pramac) was tweede met die Aussie Jack Miller (Ducati) derde.

Die Fransman Fabio Quartararo, die voorloper op die kampioenskapspunteleer, was aanvanklik derde, maar hy is met drie sekondes gestraf nadat hy in die 22ste rondte te lank van die baan af gejaag het.

Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) was agtste en hy is met 43 punte nou negende op die punteleer.

Dit was Oliveira se eerste oorwinning vanjaar nadat hy verlede jaar die Stiermarkse MotoGP gewen het.

Net 15 jaers kon die ren voltooi nadat Iker Lecuona (Tech3), Valentino Rossi (SRT), Danilo Petrucci (Tech3), Pol Espargaro (Honda), Marc Marquez en Aleix Espargaro (albei Yamaha) in ongelukke betrokke was.

Nie een van die jaers is beseer nie.

Quartararo (118) se voorsprong op die punteleer is tot 17 punte deur Zarco (101) laat krimp, met Oliveira (64) wat tot sewende opgeskuif het.

Miguel Oliveira (KTM) op die podium. Foto: Reuters

• In die Moto3-ren was die Spanjaard Sergio Garcia (Gasgas) eerste gevolg deur Jeremy Alcoba (Honda) en Deniz Öncü (KTM).

Hulle is gevolg deur Jaume Masia (KTM), Darryn Binder (Honda) en Gabriel Rodrigo (Honda).

Binder is met 58 punte steeds vyfde op die punteleer.

Die jong Pedro Acosta (120) bly voor.

• Die volgende ren is die Duitse Grand Prix wat op 20 Junie op die Sachsenring in Dresden plaasvind. – motogp.com

Meer oor:  Motorsport  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.