Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Protea-keurders sal Louw ‘móét raaksien’

Vir die 23-jarige Kovsie Antonet Louw is ’n plek in die nasionale vrouehokkiespan nie wat haar as speler sal definieer nie. Sy is tevrede om vir haar universiteit te speel in die Varsitybeker-reeks, waar sy haar onder die top-uitblinkers van die reeks gevestig het.

Foto:

Sy was die reeks se voorste doelskieter met agt doele in agt wedstryde. Sy was ook in twee wedstryde die Speler van die Wedstryd.

“Die Proteas is nie iets waaroor ek my kop breek nie.

“Ek werk nog altyd hard aan my hokkie en ek sal dit aanhou doen. Ek geniet wat ek doen en as ek nie raakgesien word nie, is dit ook reg,” sê dié student in sielkunde en opvoeding.

Die Proteas-groep wat van 19 Junie in die eindronde van die FIH Ope-reeks speel, is voor die Varsity-kompetisie aangewys, wat beteken haar goeie spel kon haar nie in aanmerking bring om in die toetse te speel nie.

Pietie Coetzee-Turner, afrigter van Wits se vrouespan, sê teenstanders moet Louw deurgaans met arendsoë dophou.?

“Dat sy die meeste doele aangeteken het, beteken klaar sy sal ’n sterk aanspraakmaker vir ’n plek in die span (Proteas) moet wees. Die keurders moet na haar kyk,” sê Coetzee-Turner, wat self 282 doele in 287 toetse behaal het. ??

Louw het in 2018 op uitnodiging vir die Universiteit van Massachusetts verteenwoordig en glo dit het haar baie gehelp om haar spel te verbeter.

  • Die Pukke het naas Tuks die eerste universiteit geword wat ’n Varsity-titel in rugby, netbal en hokkie verower toe sy vrouehokkiespan die Maties in die eindstryd in ’n uitskietstryd getroef het. – 
Meer oor:  Varsitybeker-Reeks  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.