Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas pak Engelse 3 keer in Kaap
Karla Pretorius en Joanne Harten veg in die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool om besit.Foto: Reg Caldecott

Die Protea-netbalspan sal einde November kans kry om wraak te neem teen Engeland, wanneer die Rose besoek aan die Kaap aflê vir ’n reeks van drie toetse.

Netbal Suid-Afrika het Woensdag bevestig dat Suid-Afrika en Engeland van 29 November tot 1 Desember in die Bellville-fietsrystadion sal kragte meet.

Engeland het die Proteas se hoop om die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool met ’n medalje af te sluit, verydel, deur dié spanne se stryd om die bronsmedalje met 58-42 te wen.

Engeland het vroeër ook koning gekraai in die spanne se ontmoeting in die kwalifiserende fase van die toernooi (58-47).

Die drie toetse, wat as die Spar-uitdaging bekend sal staan, gaan onderskeidelik op ’n Vrydag (29 Nov.), Saterdag (30 Nov.) en Sondag (1 Des.) beslis word. – Sportredaksie

Meer oor:  Karla Pretorius  |  Kaapstad  |  Toetsreeks  |  Nsa  |  Netbal  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.