Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas het gewys Rose kan gepluk word

Julle het ons gewys julle kan die Engelse klop, so maak weer so.

Dít is die opdrag van Suid-Afrikaanse netbalondersteuners aan die Proteas voor Donderdag se belangrike Wêreldbeker-wedstryd in Liverpool, Engeland.

Karla Pretorius, Suid-Afrika se hulpdoelverdediger. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaners het in Januarie vanjaar in hul enigste oorwinning in die vierhoekige reeks die Engelse met 48-45 in Londen geklop.

Die boustene vir sukses teen die Rose is op 3 September 2017 in Invercargill, Nieu-Seeland, gelê toe die Proteas hul eerste oorwinning in vyf jaar oor dié aartsvyand behaal het. Die telling daar was 54-51.

Ná die triomf in Londen weet die Proteas dus dit kan gedoen word.

’n Wêreldbeker-wedstryd is egter ’n ander drukkoker. Die Rose speel boonop in hul tuisarena, waar 11 000 toeskouers verwag word.

Engeland het Woensdagaand vir die halfeindronde gekwalifiseer deur Trinidad en Tobago met 72-46 te klop.

As Bongiwe Msomi (kaptein) en haar spanmaats vir Engeland kan klop, eindig hulle eerste in Groep G en speel dan in die halfeindronde teen die naaswenner van Groep F, waarskynlik Nieu-Seeland.

Die Kiwi’s en Australië is albei nog oorwonne en het agt punte. Hulle pak mekaar Donderdagoggend.

Msomi-hulle sal Saterdag waarskynlik eerder ’n halfeindstryd teen die Kiwi’s wil speel, as die Aussies, die verdedigende kampioen.

Albei dié spanne het tot dusver gemaklike oorwinnings behaal, maar lig altyd hul spelpeil hemelhoog as hulle mekaar pak. Die wenner van dié wedstryd sal dus op ’n wolk van selfvertroue sweef.

Terwyl die Proteas Sondag geskitter het om Jamaika te klop, was Maryka Holtzhausen se doelgemiddelde net 66%. Dié ervare hulpdoel sal beter ondersteuning aan haar doelvennoot, Lenize Potgieter, moet bied as Suid-Afrika medalje-aspirasies koester.

Potgieter het nog net 141 doele behaal, teenoor Tharjini Sivalingam van Sri Lanka se 235 en Jamaika se Jhaniele Fowler se 152.

Suid-Afrika se ster-verdediger, Karla Pretorius, se naam verskyn nog nie op die statistieke wat betref onderskeppings, defleksies of omkeerbesit nie.

  • Donderdag se program: 09:30: Noord-Ierland t. Barbados; 11:30: Australië t. Nieu-Seeland; 13:30: Zimbabwe t. Malawi; 17:00: Trinidad & Tobago t. Skotland; 19:00: Jamaika t. Uganda; 21:00: Engeland t. Suid-Afrika.

  • Die Proteas speel Woensdagaand om 20:00 teen Uganda.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.