Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas deur na WB-halfeindronde

Suid-Afrika het vir die eerste keer tot nog toe vir die halfeindronde van ’n Wêreldbeker-netbaltoernooi gekwalifiseer.

Lenize Potgieter
Lenize Potgieter (doel) strek om balbesit vir Suid-Afrika te wen in Woensdagaand se Wêreldbeker-netbalwedstryd teen Uganda in Liverpool, Engeland. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

Hy het Woensdagaand die geskiedenis geskryf toe hy sy kragmeting met sy Afrika-susters Uganda met 67-40 gewen het.

Dit was die Proteas se vyfde oorwinning in die toernooi in Liverpool, Engeland, en ’n mens kon sien hoeveel dit vir hulle beteken.

’n Emosionele Lenize Potgieter, Suid-Afrika se hoofdoel, is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Sy was die eerste om te sê hul WB-veldtog is ’n spanpoging.

Suid-Afrika en Engeland het uit Groep G vir Saterdag se halfeindronde gekwalifiseer.

Hul wedstryd Donderdagaand sal bepaal teen wie hulle te staan sal kom.

Die ander twee halfeind-finaliste? Natuurlik, Australië en Nieu-Seeland.

Dit is verstommend dat daar Donderdag twee sulke puik wedstryde voorlê en dit is nog nie eens die halfeindronde nie.

Die Aussies en die Kiwi’s pak mekaar eerste.

Die Proteas het Woensdagaand die laaste wedstryd gespeel en hul stryd teen die Engelse is ook die laaste op Donderdag se program.

Liverpool
Daar is heelwat Suid-Afrikaanse ondersteuners in Liverpool. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

Norma Plummer, die SA afrigter, het haar uitsoek-sewetal teen Uganda ingespan en hulle het die eerste kwart met 19-10 gewen.

Die Ugandese “She Cranes” kon nie kers vashou by die spoed van die Proteas nie. 

Plummer sal egter glad nie tevrede wees met die bietjie insinking in die tweede kwart nie.

Uganda het dié kwart met 13-12 gewen, maar Suid-Afrika kon sy voorsprong behou om met 31-23 te gaan rus.

Die Ugandese het in die derde kwart skitterend op die aanval gedryf, maar kon nie hul goeie werk volhou nie. 

Suid-Afrika het sy teenstander ingekatrol en ná die derde kwart met 46-33 voorgeloop.

Tog is dit nie die bestendige vertoning wat Plummer sou verwag nie. 

Daar was ’n paar benoude oomblikke teen die span wat net een posisie swakker is as Suid-Afrika se vyfde plek.

Jameela McCarthy
Jameela McCarthy van Trinidad en Tobago verdedig van agter teen Rachel Dunn van Engeland in hul wedstryd Woensdag. Foto: Getty Images

Engeland het Woensdagaand vir die halfeindronde gekwalifiseer deur Trinidad en Tobago met 72-46 te klop.

* Suid-Afrika kon laas in 1995 ’n medalje in die WB-toernooi wen toe hy silwer verower het. Daar is toe geen halfeindronde beslis nie.

Die Liverpool-toernooi eindig Sondag.

Ella Gibbons
Die Skotse verdediger Ella Gibbons (links) en Romelda Aiken van Jamaika strek albei om balbesit te probeer verseker. Foto: Getty Images

Woensdag se uitslae: Groep E: Fidji 59, Sri Lanka 44; Samoa 63, Singapoer 49. Groep G: Engeland 72, Trinidad en Tobago 46; Jamaika 67, Skotland 36; Suid-Afrika 67, Uganda 40. 

Donderdag se program: 09:30: Noord-Ierland t. Barbados; 11:30: Australië t. Nieu-Seeland; 13:30: Zimbabwe t. Malawi; 17:00: Trinidad en Tobago t. Skotland; 19:00: Jamaika t. Uganda; 21:00: Engeland t. Suid-Afrika.

Meer oor:  Netbal  |  Uganda  |  Wêreldbekernetbaltoernooi  |  Proteas  |  Wêreldbekernetbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.