Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas moet ‘Queens’ wys wie is baas

Netbal Suid-Afrika én sy nuwe hoofafrigter het Donderdag weer met die onvoorspelbaarheid van Afrika-netbal te doen gekry.

Dorette Badenhorst, die SA netbalafrigter.

Op die vooraand van die Afrikabeker-toernooi het die span van Tanzanië nie opgedaag nie en die Zimbabwiërs gaan glo eers Vrydagoggend in Kaapstad land.

Netbal Afrika het Malawi, Zambië, Lesotho, Uganda, Zimbabwe, Tanzanië en Kenia genooi om Suid-Afrika in die Bellville-fietsrenstadion te pak.

Die Proteas speel Vrydag om 18:00 teen “The Queens” van Malawi, wat wel met ’n sterk span opgedaag het.

Suid-Afrika begin die vyfdaagse toernooi met Dorette Badenhorst as die nuwe afrigter en met heelwat veranderinge aan die span wat in Julie vanjaar vierde geëindig het in die Wêreldbeker-toernooi.

Malawi, Uganda en Zimbabwe was saam met Suid-Afrika die verteenwoordigers van Afrika in die WB-toernooi.

Bongiwi Msomi, die SA netbalkaptein. Foto: Getty Images

Die Malawiërs het sesde geëindig, Uganda sewende en Zimbabwe agtste.

Badenhorst is vertroud met die unieke styl van Afrika-netbal, maar dié spanne bly tog onvoorspelbaar.

Die Proteas het min tyd vir voorbereiding in die Kaap gehad.

Hulle moes raap en skraap om binnenshuise oefengeriewe te kry, want matrikulante skryf nou eksamen.Hulle het Donderdagoggend hul enigste oefening in die fietsrystadion gehad.

“Die spelers se bene is seer, want die oppervlak (van die oefenbane) was elke dag anders. Ons het die beste voorberei wat ons kon, maar kon nie al ons kombinasies inoefen nie.

“Ons speel nou met nuwe kombinasies in die doelsirkel, senterbaan en op verdediging, so dit is nie vergelykbaar met die WB-toernooi nie.”

Badenhorst sê die Proteas sal geestelik ook sterk moet wees, want die Afrika-spelers kan jou behoorlik frustreer as hulle aan hul balbesit vasklou.“Afrika-spanne haal jou uit jou gemaksone. Hulle het ’n totaal ander wedstrydplan as Australië, Nieu-Seeland en Engeland,” sê Badenhorst.

Dié toernooi is die voorloper vir ’n reeks van drie toetse einde November teen Engeland, ook in Bellville.

Dit is goeie nuus vir Kaapse ondersteuners, wat vanjaar aan die agterste speen moes suig, want al die aksie was in die noorde.

Suid-Afrika: Bongiwe Msomi (k), Sigrid Burger, Khanyisa Chawane, Romé Dreyer, Precious Mthembu, Izette Griesel, Lenize Potgieter, Lefébre Rademan, Monique Reyneke, Renske Stoltz, Zanele Vimbela, Shadine van der Merwe.

TV: Vrydag 16:00: Openingseremonie; 18:00: SA t. Malawi (SS 10).

Meer oor:  Netbal  |  Proteas  |  Afrikabeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.