Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas onoorwonne teen Afrika

Drie uit drie! Suid-Afrika se netbalspan is steeds onoorwonne in die Afrikabeker-toernooi wat in Bellville beslis word.

Monique Reyneke, hulpdoelverdediger, wen Saterdag balbesit vir haar span teen Zimbabwe in Bellville. Foto: Jaco Marais

Nadat die Proteas Vrydagaand kwaai uitgedaag is deur Malawi, was hy Saterdag om 12:00 terug op die baan. Die keer het hy Zimbabwe, wat eers laat Vrydagaand gearriveer het, met 69-39 pak gegee.

Die Proteas het Vrydag vir Lesotho met 116-10 afgeransel en Malawi met 56-51 geklop.

Dorette Badenhorst, die SA afrigter, kon teen die Zimbabwiërs ander kombinasies beproef. Sigi Burger het haar kans op doel gekry saam met die debutant Lefébre Rademan op hulpdoel, Khanyisa Chawane op aanvallende vleuel en Romé Dreyer op senter.

Suid-Afrika se sterdoelskieter Lenize Potgieter en die kaptein, Bongiwe Msomi, het in die eerste helfte die plaasvervangersbank warm gehou.

Die doeleverskil met rustyd was reeds 21 punte. Die Proteas het na die eerste kwart met 21-11 voorgeloop, met rustyd met 39-18 en ná die derde kwart met 49-28.

Die Vrystater Khanyisa Chawane het op aanvallende vleuel diens gedoen. Foto: Jaco Marais

Die Proteas speel Sondag teen Uganda. Die wedstryd is van 12:00 tot 14:00 geskuif, maar die meeste mense sal waarskynlik die Springbok-toets tuis dophou.

Msomi-hulle het in die Wêreldbeker-toernooi min moeite teen die She Cranes ondervind en met 67-40 gewen.

Die Afrikabeker-toernooi dien as voorloper vir die toetsreeks teen Engeland, wat einde November ook in die Velodrome beslis word.

’n Hele paar spelers se onbeskikbaarheid vir die reeks het die deur vir ander oopgemaak.

Chawane, Dreyer en Izette Griesel kry om die beurt speelkans op senter in die plek van die ervare Erin Burger, wat nie beskikbaar was nie.

* Suid-Afrika speel Maandag om 12:00 teen Kenia.

* Sondag se program: 08:00: Lesotho t. Uganda; 10:00: Zimbabwe t. Kenia; 12:00: Zambië t. Malawi; 14:00: SA t. Uganda; 16:00: Lesotho t. Zimbabwe (regstreeks op SS 10 en SS 13).

Meer oor:  Netbal  |  Suid-Afrika  |  Zimbabwe  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.