Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas pak Malawi in toetsreeks
Jenny van Dyk, afrigter van die Jaguars, saam met Izette Griesel (naaslinks), die kaptein, en haar medekapteins, Lungile Mthembu en Marlize de Bruin. Foto: Gallo Images

Ná twee weke se mededingende netbal in die Nasionale Liga, breek die volgende hoofstuk aan vir Suid-Afrika se voorste spelers.

Baie ure op die oefen- en speelbaan lê die volgende paar maande vir hulle voor.

Dorette Badenhorst, die Protea-afrigter, het Woensdag bevestig die nasionale span sal einde November ’n toetsreeks teen Malawi by Sun City speel.

Sy het al die Liga-wedstryde in Bloemfontein bygewoon en ’n groep spelers geïdentifiseer wat nog bekragtig moet word.

Badenhorst wil voor die Proteas die African Queens pak, proewe en ’n oefenkamp hou. Dit sal waarskynlik die week voor die toetsreeks plaasvind.

Ons wil ook teen Uganda speel, maar dit sal waarskynlik eers in Januarie wees.
Dorette Badenhorst

“Ons wil ook teen Uganda speel, maar dit sal waarskynlik eers in Januarie wees.”

Die afrigter sê in die algemeen was die standaard in die Nasionale Liga nie wat dit moet wees nie.

Daar is ook ’n groot gaping tussen Afdeling A en B, sê sy.

“Jy kan Covid-19 blameer, maar alle lande is in dieselfde bootjie.”

Die Jaguars het Dinsdagaand in die eindstryd met 38-26 met die Vrystaatse Crinums afgereken en hul vierde agtereenvolgende ligatitel gewen. Hulle het die suksesvolste span in die geskiedenis van die streekkompetisie geword.

Die Noord-Gautengers se doelgemiddelde was 73% en die Crinums s’n 68%.

Dorette Badenhorst, die Protea-hoofafrigter. Foto: Gallo Images

Badenhorst sê dit is nie goed genoeg nie. “As jy op internasionale vlak wil speel, moet dit 90% wees.

“Die hoeveelheid balbesit wat die spanne verloor, is ook te veel.

“Balle word te veel heen en weer gegooi en vat te lank om in die doelsirkel te kom.

“Ons sal hard moet werk aan ons dissipline en om balbesit te behou,” sê Badenhorst.

Die Suid-Afrikaanse kampioenskapstoernooi begin op 6 Desember in Bela-Bela, Limpopo.

Dit is ’n bekommernis vir Badenhorst, want die spelers gaan op harde sementbane by die Forever- en Zwartkloof-oorde speel.

Hopelik sal die hoofbaan binnenshuis wees, waar ’n houtvloer ingerig kan word.

Hulle het die potensiaal om te ontwikkel as hulle by die regte afrigter is.
Dorette Badenhorst

Badenhorst sê daar was baie talentvolle spelers in Bloemfontein. “Hulle het die potensiaal om te ontwikkel as hulle by die regte afrigter is.”

Die nasionale kampioenskapstoernooi sou in Augustus in Stellenbosch plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel.

• Agt Gautengse franchises sal in Februarie in ’n Superliga speel.

• Stellensport, die Wes-Kaapse liga, hou in November ’n “fees” om spanne te posisioneer en finaliseer.

Meer oor:  Dorette Badenhorst  |  Uganda  |  Suid-Afrika  |  Malawi  |  Afrigter  |  Toetsreeks  |  Netbal  |  Proteas  |  Nasionale Liga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.