Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas pleeg kuikenmoord teen Lesotho

Die vlinders het bedaar.

Lefébre Rademan, hier in aksie vir die Kovsies, het Vrydag haar Suid-Afrikaanse debuut teen Lesotho gemaak. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse netbalspan het Vrydagoggend sy veldtog in die Afrikabeker-toernooi op ’n besonder hoë noot afgeskop en sal sy tweede wedstryd met groot selfvertroue binnegaan.

Die Proteas pak Malawi se “Queens” om 18:00 in die Velodrome in Bellville.

Nadat die program Donderdagnag aangepas is, het Suid-Afrika sy eerste van twee wedstyde Vrydag gespeel en Lesotho met 116-10 afgeransel.

Die program moes aangepas word nadat Tanzanië nie opgedaag het nie. Die ander spanne in die vyfdaagse toernooi is Zambië, Uganda, Zimbabwe en Kenia.

Soos verwag, het die Proteas ’n oortuigende en eensydige oorwinning behaal en Dorette Badenhorst, die SA afrigter, het al haar spelers laat speel en nuwe kombinasies beproef.

Die Lesotho-vroue is kort en had geen kans teen die tuisspan nie.

Hulle kry min internasionale blootstelling en het geen posisie op die wêreldranglys nie.

Vir die rekord: die kwarttellings was 28-2, 58-3 en 88-6.

Monique Reyneke en Lefébre Rademan, wat nog onlangs vir hul universiteitspanne gespeel het, het hul SA debuut gemaak. Precious Mthembu het ook haar terugkeer gemaak ná ’n kniebesering.

Reyneke is in die tweede kwart op hulpdoelverdediger ingespan en Rademan in die derde kwart op hulpdoel.

Suid-Afrika is in die reeks sonder Karla Pretorius, Phumza Maweni en Erin Burger.

* Cecilia Molokwane, die president van Netbal Suid-Afrika (NSA), is Donderdag verkies as nuwe leier van Netbal Afrika.

*Die res van Vrydag se program: 12:00: Kenia t. Zambië; 16:00: Openingseremonie; 18:00: SA t. Malawi; 20:00: Uganda t. Zimbabwe (SS 10 en SS 13).

Meer oor:  Netbal  |  Proteas  |  Lefebre Rademan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.