Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Protea-kamp se fokus eers op Uganda

Uganda se “She Cranes” sal nie ligtelik opgeneem word nie.

Dít is die versekering wat uit die Protea-netbalkamp in Liverpool, Engeland, kom.

Bongiwe Msomi maak Maandagaand seker van besit, met die Skot Sarah MacPhail wat van agter verdedig. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

Die Suid-Afrikaners speel Woensdag om 20:00 teen Uganda en sou hulle wen, is hulle byna daarvan verseker dat hulle die eerste keer tot nog toe die Wêreldbeker-halfeindronde gaan haal.

Saam met Suid-Afrika, Engeland en Uganda in Groep G is Skotland en Trinidad en Tobago, wie hy reeds geklop het.

Die groot kanonne in Groep F is Nieu-Seeland, Australië en Malawi.

Die spanne wat eerste en tweede in hul groep eindig, sal tot Saterdag se halfeindronde deurdring.

Dorette Badenhorst, ’n SA hulpafrigter, het Maandagaand gesê hulle is bly Engeland het Jamaika met 56-48 geklop, want daar is nou baie druk op die Jamaikane, wat reeds twee keer verloor het.

Sou die Proteas vir Uganda verslaan, is hulle verseker van ’n halfeind-plek, al verloor hulle Donderdag teen die Engelse.

Die Engelse sal geen probleme hê om Trinidad Donderdag te klop nie.

“Uganda is nie net nog ’n span nie, hy is ’n gehaltespan en dit sal ’n groot stryd teen hulle wees,” sê Bongiwe Msomi, die SA kaptein.

“Ons moet gefokus bly, wedstryd vir wedstryd, maak nie saak wat elders in die groep gebeur nie.

“Ons het soveel respek vir al die spanne wat hier is.

“Jy kan nie enigeen ligtelik opneem nie,” sê Msomi.

Suid-Afrika het Uganda in verlede jaar se uitspeelstryd op die Statebondspele met 53-42 geklop.

Uganda, sewende op die wêreldranglys, het tot dusver drie oorwinnings behaal en net teen die Engelse verloor.

* Suid-Afrika het in 2015 se WB-toernooi die uitspeelstryd om die vyfde plek met 48-46 teen Malawi gewen.

Nieu-Seeland het Engeland in die halfeind geklop, terwyl Australië met Jamaika afgereken het.

* In 1967 se toernooi toe Suid-Afrika gesamentlik tweede geëindig het, was daar net agt spanne wat almal teen mekaar gespeel het. Daar was nie uitkloprondes nie.

* Suid-Afrika het in 1995 sy silwermedalje verower sonder dat ’n halfeindronde beslis is.

* Woensdag se program: 10:00: Sri Lanka t. Fidji; 12:00:

Singapoer t. Samoa; 16:00: Engeland t. Trinidad & Tobago; 18:00 Jamaika t. Skotland; 20:00: SA t. Uganda.

Meer oor:  Netbal  |  Wêreldbekernetbaltoernooi  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.