Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas se toetse bly in die slag

Net wanneer dit lyk of sportdeure op ’n skrefie oopswaai, gee die koronavirus nóg ’n opstopper.

Dorette Badenhorst, die SA afrigter, is hoopvol dat die Proteas vroeg volgende jaar toetse sal kan speel. Foto: Getty Images

Dié keer is dit internasionale netbal wat weens Covid-19 in die slag bly.

Die Proteas se Vierhoekige reeks wat in September teen Australië, Nieu-Seeland en Engeland in Australasië sou plaasvind, is Saterdag afgelas.

Die impak van Covid-19 op internasionale reise maak só ’n uitgebreide reeks onmoontlik, lui ’n gesamentlike verklaring.

Stacey West, Netbal Australië se uitvoerende algemene hoëprestasiebestuurder, sê verteenwoordigers van die vier lande het alle scenario’s oorweeg, maar so ’n reeks sal nie vanjaar moontlik wees nie.

Die Aussies en die Kiwi’s is egter hoopvol dat hulle mekaar steeds later vanjaar in hul jaarlikse Constellation-bekerreeks sal kan pak, afhangende van die Covid-19-situasie.

Dorette Badenhorst, die Protea-afrigter, sê dit is teleurstellende nuus, maar dat hulle “die beste doen wat hulle kan”.

“Ek gesels eersdaags met die netbalbestuur oor die Proteas se pad vorentoe.

“Ons gaan spelers wat verlede jaar vir nasionale groepe gekies is, almal op dieselfde kondisioneringsprogram moet kry, want nie almal is op hoëprestasieprogramme nie.

“Dan behoort almal op dieselfde vlak te wees wanneer daar ’n nasionale oefenkamp gehou kan word.”

Die Protea-verdediger Shadine van der Merwe wen balbesit voor Natalie Haythornthwaite van Engeland in Januarie se netbaltoets in die Nasiesbeker in Birmingham. Foto: Getty Images

Badenhorst sê spelers moet so gou moontlik toegelaat word om met ’n afrigter in klein groepies op ’n baan te oefen. “Dit is waar jy jou vaardighede slyp. Jy het vier weke oefentyd op ’n baan nodig voor kompetisie kan begin, anders is daar risiko’s vir beserings.”

Sy sê ’n afrigter weet nie hoe hard ’n speler régtig tuis oefen en op watter oppervlak nie.

“Afrigters en spelers wil nou op die baan kom.”

Die Nasionale Liga gaan ’n groot invloed op die res van die netbalkalender hê, sê die breier.

Die kompetisie vir streekspanne moes vroeg in Mei begin het.

“As spelers in dié kompetisie wedstrydtyd kan kry, is dit klaar positief. As dit werk, kan ’n mens verder beplan.”

Die Nasiesbeker het die Vierhoekige reeks in Januarie vanjaar tydelik vervang.

Omdat die Aussies nie toe beskikbaar was nie, het Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Jamaika mekaar in Engeland gepak.

Die Kiwi’s het as oorwinnaars uit die stryd getree.

* Netbal Suid-Afrika (NSA) sal Maandag op ’n nuuskonferensie sê hoe sy seisoen vanjaar daar sal uitsien.

Benewens die Nasionale Liga moet die nasionale kampioenskap ook nog beslis word.

Meer oor:  Netbal  |  Proteas  |  Vierhoekige Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.