Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas swoeg om Malawi se Queens te stuit

Malawi se Queens het Suid-Afrika al baie trane besorg.

Lenize Potgieter (doel) wen balbesit vir haar span in Vrydagaand se netbalwedstryd teen Malawi in Bellville. Foto: Jaco Marais

Dit was Vrydagaand byna-byna weer so toe hulle baie naby aan ’n oorwinning oor die Suid-Afrikaanse netbalspan in die Afrikabeker-toernooi in Bellville gekom het.

Die Proteas het hul tweede wedstryd in die toernooi met 56-51 gewen, maar dit was taai soos die taaiste toffie.Suid-Afrika se voorsprong van vyf doele het teen die einde van die derde kwart tot sewe gegroei en dit het gelyk of die tuisspan die stryd in die sakkie gehad het.

Die Malawiërs het egter enduit geveg en die gaping vernou. Suid-Afrika moes teen die einde verbete aan sy voorsprong vasklou.

Die Proteas het na die eerste kwart met 16-11 voorgeloop, met die rustyd met 27-22 en na die derde kwart met 42-35.

Die wedstryd was in skrille kontras met die Proteas se eerste wedstryd Vrydagoggend toe hulle met 116-10 kuikenmoord gepleeg het teen Lesotho.

Die harde stryd teen Malawi is egter ’n goeie weerspieëling van die wêreldranglys, met Suid-Afrika wat die vyfde plek beklee met Malawi in die sewende posisie.

Bongiwe Msomi, die SA kaptein, se span moes twee wedstryde speel nadat die program Donderdagnag aangepas moes word nadat Tanzanië nie opgedaag het nie.

Die wedstryd was in skrille kontras met die Proteas se eerste wedstryd Vrydagoggend toe hulle met 116-10 kuikenmoord gepleeg het teen Lesotho.

Die ander spanne in die vyfdaagse toernooi is Zambië, Uganda, Zimbabwe en Kenia.

Die taaier teenstand het beteken dat die Suid-Afrikaanse span min verander is.

Lenize Potgieter (doel) en Renske Stoltz (hulpdoel) het kans gekry om hul kombinasie te slyp met Msomi op aanvallende vleuel.

Khanyisa Chawane het op senter begin en is in die derde kwart deur Izette Griesel vervang.

Shadine van der Merwe het op verdedigende vleuel begin, maar is later na hulpdoelverdediger geskuif en Chawane na verdedigende vleuel.

Zanele Vimbela het die laaste vesting beman in die plek van Phumza Maweni, wat nie beskikbaar was nie.

* Monique Reyneke en Lefébre Rademan, wat nog onlangs vir hul universiteitspanne gespeel het, het teen Lesotho hul SA debuut gemaak. Precious Mthembu het ook haar terugkeer na ’n kniebesering gemaak.

*Zambië het Kenia vroeër Vrydag met 56-29 geklop. Uganda het na Suid-Afrika se wedstryd op die maat van polsende musiek opgewarm, maar dit was ’n blote formaliteit want sy teenstander, Zimbabwe, was nog op die vliegtuig onderweg na Kaapstad.

* Naweek se program: Saterdag: 10:00: Lesotho t. Kenia; 12:00: SA t. Zimbabwe; 14:00: Uganda t. Zambië; 16:00: Kenia t. Malawi. Sondag: 08:00: Lesotho t. Uganda; 10:00: Zimbabwe t. Kenia; 12:00: Zambië t. Malawi; 14:00: SA t. Uganda; 16:00: Lesotho t. Zimbabwe

Meer oor:  Netbal  |  Proteas  |  Malawi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.