Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas teken 67 doele ‘vir Mandela’ aan

Mandeladag is ook Donderdag in Liverpool, Engeland, gevier.

Bongiwe Msomi, SA netbalkaptein, sê dit was gepas dat die span Woensdagaand 67 doele in sy Wêreldbeker (WB)-oorwinning van 67-40 oor Uganda aangeteken het.

Die Proteas en hul ondersteuners Donderdag in Liverpool. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

Sy sê 67 doele was die teiken wat hulle vir hulself gestel het aan die vooraand van oudpres. Nelson Mandela se verjaardag.

“Ons het gehoop om op Mandeladag teen Uganda te kon speel, maar die wedstrydprogram het nie so uitgewerk nie,” sê Msomi.

“Ons wou 67 doele aanteken omdat Madiba 67 jaar lank teen maatskaplike ongeregtigheid geveg het. Ons het dit reggekry en op Mandeladag is ons geïnspireer om dié naweek ons beste te lewer noudat ons die WB-halfeindronde gehaal het.”

Die Proteas, Netbal Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse ondersteuners in Liverpool het saamgekom en gesing “Viva Madiba, viva!

Karla Pretorius, SA onderkaptein, sê Nelson Mandela bly steeds ’n inspirasie vir Suid-Afrika en die wêreld.

“As SA netbalspelers weet ons dat Nelson Mandela sport gebruik het om ons land te verenig en ’n ware Reënboognasie te word,” sê Pretorius.

“Terwyl ons nog onoorwonne is by die WB-toernooi, is hy ons inspirasie om nog beter te vaar. Ons weet ons sukses is ook ’n inspirasie vir almal tuis.”

Karel Prinsloo van Kimberley sê dit was besonders om op Mandeladag saam met sy gunstelingsportspan vir ’n foto te kon poseer.

“Die Proteas het tyd afgeknyp om tyd saam met ons ondersteuners deur te bring en Madiba te vereer. Dit is spesiaal. Madiba se nalatenskap sal die span inspireer om ’n medalje te wen,” sê Prinsloo.

Suid-Afrika het saam met Engeland, Australië en Nieu-Seeland tot die halfeindronde deurgedring. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.