Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas verbeter, maar segeloos
Lefébre Rademan (hulpdoel) wen balbesit voor die grypende hande van Engeland se Stacey Francis in Sondag se netbaltoets in die Nasiesbeker-reeks in Londen. Foto: Getty Images

Engeland het Suid-Afrika Sondag sy tweede nederlaag in die Nasiesbeker-reeks toegedien en só derde geëindig.

Die Engelse Rose het in ’n volgepakte tuisarena in Londen net-net met 65-63 deurgeskraap.

Die Proteas kon nie een van hul vier wedstryde wen nie, maar hul teenstanders was spanne wat ’n hoër plek as hulle op die ranglys beklee.

Hulle het in elke wedstryd gegroei en met meer selfvertroue gespeel en die kombinasies het verbeter.

Engeland het Suid-Afrika verlede week in Birmingham met 58-53 geklop.

Die Rose wou bitter graag voor hul tuisskare in die eindstryd speel, maar Jamaika het hul eie planne gehad en was Saterdagaand met 70-66 baas.

Nieu-Seeland en Jamaika sou later Sondagaand in die eindstryd speel.

Die Proteas sal hulself skop as hulle weer na hul wedstryde in dié reeks sou kyk. Hulle het volop geleenthede gehad, maar soms net-net te kort geskiet.

Suid-Afrika se doele moet die gewoonte aanleer om dadelik na die doelpaal aan te lê as hulle die bal ontvang.

Die Engelse verdediger Stacey Francis het Sondag ’n kritieke bal afgeneem toe Lenize Potgieter (doel) dit eers wou terugspeel na Bongiwe Msomi, haar aanvallende vleuel.

Die Engelse verdediger Stacey Francis het Sondag ’n kritieke bal afgeneem toe Lenize Potgieter (doel) dit eers wou terugspeel na Bongiwe Msomi, haar aanvallende vleuel.

Suid-Afrika was ná die eerste kwart met 15-18 agter en met rustyd met 29-36. Hy het die agterstand tot 48-49 laat krimp toe die fluitjie aan die einde van die derde kwart blaas.

Met ses minute se speeltyd oor het die Proteas vir die eerste keer hul neuse voor gekry.

Khanyisa Chawane

Met die momentum in hul guns is Khanyisa Chawane, die Protea-senter, op die sirkelrand vir onkantspel gestraf en waardevolle besit was daarmee heen.

Chawane, wat nou vir Bath in die Engelse Superliga gaan speel, het in dié reeks puik gevaar op senter en aanvallende vleuel.

Suid-Afrika se uitblinker in die reeks was Lefébre Rademan, die hulpdoel, wat Sondag maar in haar 12de toets gespeel het

Sy is nog onervare, maar sy het vaart, haar besluitneming om die doelsirkel is puik én sy het die temperament vir die groot oomblik.

* Natalie Haythornthwaite, die Engelse kaptein en aanvallende vleuel, is ná haar 50ste toets as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Meer oor:  Bongiwe Msomi  |  Suid-Afrika  |  Londen  |  Engeland  |  Proteas  |  Nasiebekerreeks  |  Rose  |  Netbal. Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.