Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Proteas vermorsel Malawi

’n Toets teen Malawi het Suid-Afrikaanse netbalondersteuners al dikwels in die verlede senuweeagtig gehad.

Nie Donderdagaand in die eerste toets tussen die spanne in die Uitdaagreeks by Sun City nie.

LONDON, ENGLAND - JANUARY 26: Lenize Potgieter of
Suid-Afrika se Lenize Potgieter. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het sy Afrika-teenstander absoluut verfrommel en ’n eensydige oorwinning van 65-25 behaal.

Dit was Suid-Afrika se 21ste sege oor Malawi en sy grootste oorwinning nog.

Die vorige grootste doeleverskil was 39 doele (74-35), wat in 1999 in Johannesburg behaal is.

Die Malawiese besoekers se telling was met die rustyd nog net in enkelsyfers. Suid-Afrika het gou-gou met 15-6 voorgeloop en met die rustyd was die gaping reeds ’n yslike 22 doele (31-9).

Dit is duidelik dié span is nie een van die sterkstes wat Malawi nog gekies het nie. Hul doelskieters Mwai Kumwenda en Joyce Mvula, wat hul klubnetbal oorsee speel, was nie beskikbaar nie.

’n Mens kan ook aanvaar dat die Malawiërs vanjaar nog min kompetisienetbal gespeel het.

Hulle het boonop Woensdag die nuus gehoor dat hul vorige afrigter, Griffin Saenda (68), oorlede is.

Met Karla Pretorius langs die kantlyn was die kollig op Suid-Afrika se verdediging. Maar Shadine van der Merwe het die skuif van verdedigende vleuel na hulpdoelverdediger, Pretorius se posisie, moeiteloos gemaak.

Van der Merwe, wat Woensdag haar 28ste verjaardag gevier het, het puik gespeel en is later na hoofverdediger geskuif.

Met die groot doeleverskil het Dorette Badenhorst, die Proteas se afrigter, reeds ná die eerste helfte die luukse gehad om plaasvervangers op te stuur.

Sy het verskeie skuiwe en posisionele skuiwe gemaak. Die Gautengse doelskieter Kamogelo Maseko het op 18 jaar een van die jongste spelers geword om haar nasionale debuut te maak.

Tshina Mdau (26) het op verdedigende vleuel ook haar eerste proesel van internasionale netbal gekry en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die 24-jarige Monique Reyneke (hulpdoelverdediger) het in haar 9de toets opgedraf.

Die Proteas kan reeds Vrydagaand die reeks beklink en aan Badenhorst ’n lekker verjaardaggeskenk gee.

Die laaste toets word Sondag beslis.

TV: Vrydag om 19:00 (SS 209).

Meer oor:  Netbal  |  Suid-Afrika  |  Malawi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.