Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Puello skud boksroes teen Rubio af
Alberto Puello. Foto: Getty Images

Alberto Puello van die Dominikaanse Republiek, een van die wêreld se beste superliggewigboksers, is Woensdag in San Antonio in Amerika in aksie.

Die onoorwonne Puello kom teen Jesús Antonio Rubio van Mexiko te staan.

Puello spog met tien uitklophoue in 18 gevegte, terwyl Rubio sover drie van sy 17 gevegte verloor het.

Daar was vroeër sprake daarvan dat Puello die naweek in een van die voorgevegte van die kragmeting tussen Tyson Fury en Deontay Wilder in Las Vegas teen Rances Barthelemy van Kuba in aksie sou wees. Met die geveg tussen Fury en Wilder wat egter uitgestel moes word omdat Fury positief vir Covid-19 getoets is, het Puello besluit om eerder teen Rubio besig te bly.

Rubio het vanjaar reeds twee keer baklei en gewen, maar dit sal Puello se eerste geveg van die jaar wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.